SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectivesDepth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MASWANGANYI, Nandzumuni V; LEBESE, Rachel T; MASHAU, Ntsieni S  and  KHOZA, Lunic B. Patient-perceived factors contributing to low tuberculosis cure rate at Greater Giyani healthcare facilities. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-08. ISSN 2071-9736.

AGTERGROND: Dit is onmoontlik om te bepaal of pasiënte by hulle tuberkulosebehandeling gaan hou. Die meeste pasiënte hou nie daarby nie omdat hulle nie die belangrikheid daarvan insien nie. DOELWITTE: Die doel van die studie was om die faktore wat in die Groter Giyani Munisipaliteit tot lae genesingskoerse onder TB-pasiënte lei, te ondersoek en te beskryf, soos deur pasiënte gesien. METODE: Die studie is in die Groter Giyani Munisipaliteit in die Limpopo Provinsie gehou, waar die genesingskoers vir TB tussen 14% en 94% is. Die navorsing in hierdie studie was kwalitatief, verkennend, beskrywend en kontekstueel van aard. Die populasie het bestaan uit alle gediagnoseerde TB-pasiënte wat vir behandeling en sorg na primêre gesondheidsorgfasiliteite verwys is. Nie-waarskynlikheid, doelgerigte steekproefneming is gebruik om TB-pasiënte en gesondheidsfasiliteite te kies wat 'n laer genesingskoers as die nasionale doelwit van 85% het. Een pasiënt uit elke primêre gesondheidsorgfasiliteit is by die steekproef ingesluit. 'n Diepgaande persoonlike onderhoud is gebruik om data met behulp van 'n onderhoudgids in te samel. RESULTATE: Die bevindinge toon dat die meeste van die TB-pasiënte uit arm gesinne kom, wat dit vir hulle moeilik maak om finansiële en voedselsekerheid te hê. Die gesondheidsfasiliteite se voedselaanvullings en TB-medisyne raak dikwels op. Kulturele oortuigings oor TB lei ook daartoe dat TB-pasiënte by tradisionele gesondheidsorgpraktisyns en geloofsgebaseerde genesers hulp soek. GEVOLGTREKKING: Dit is nodig dat 'n beleid oor toesig oor die behandeling van ontslaande TB-pasiënte wat tuis aansterk, opgestel word. Gesondheidsorgfasiliteite behoort ook seker te maak dat daar genoeg medisyne vir hierdie pasiënte is, aangesien 'n gebrek aan medisyne daartoe kan lei dat die pasiënte ophou om hulle medikasie te gebruik.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License