SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Nursing in Saudi Arabia: Reflections on the experiences of South African nursesPrevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

BHANA, Varshika M  y  BOTHA, Annali D.H. The therapeutic use of music as experienced by cardiac surgery patients of an intensive care unit. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-09. ISSN 2071-9736.

Pasiënte se persepsie van die intensiewesorgeenheid (ISE) is dat dit 'n stresvolle en angswekkende omgewing is. Die fisiologiese effekte van stres en angs is skadelik en daarom moet dit vermy word in die geval van pasiënte wat hartchirurgie ondergaan. Die doel van die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, was om hartchirurgiepasiënte se ervaring van musiek as 'n terapeutiese intervensie in die ISE van 'n openbare hospitaal te beskryf. Die doelwitte van hierdie studie was om hartchirurgiepasiënte bekend te stel aan musiek as deel van hul roetine- postoperatiewe sorg en hulle dan daaraan bloot te stel om sodoende hulle ervarings van die musiekintervensie te ondersoek en beskryf. Die bevindinge van die navorsing sal gebruik word om aanbevelings te maak vir die insluiting van musiek as deel van die roetine- postoperatiewe sorg wat hartchirurgiepasiënte in die ISE ontvang. 'n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie, met behulp van 'n kontekstuele, verkennende en beskrywende ontwerp, is gebruik. Die populasie van die studie was hartchirurgiepasiënte in die ISE van 'n openbare hospitaal. 'n Ongestruktureerde onderhoud is met elke deelnemer gevoer en inhoud-analise en koderingprosedures is gebruik om die data te ontleed. Vier hooftemas is in die resultate geïdentifiseer, naamlik praktiese en operasionele aspekte van die musieksessies; die deelnemers se ervarings; ongemak as gevolg van terapeutiese apparaat en die ISE-omgewing; asook die rol van musiek en aanbevelings vir musiek as 'n terapeutiese intervensie. Deelnemers se ervarings was hoofsaaklik positief. Die resultate het gefokus op die deelnemers se ervaring van die musiek asook hul ervaring van die operasionele aspekte van die terapie, sowel as faktore binne en rondom die deelnemers.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons