SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

DUVENAGE, Sara S.; OLDEWAGE-THERON, Wilna H.; EGAL, Abdulkadir A.  and  MEDOUA, Gabriel N.. Home-prepared soymilk: Potential to alleviate protein-energy malnutrition in low-income rural communities in South Africa?. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Navorsing het beduidende proteïen en minder ernstige energie te korte uitgewys by skoolkinders en vroulike versorgers in plattelandse gemeenskappe in Kwa-Kwa. Die huishoudelike tuinbouprojek is uitgebrei om soja-verbouing in te sluit en 'n proses is ontwikkel vir die tuisbereiding van sojamelk om makronutriënt inname te bevorder. Die beperkte eksperimentele benadering het chemiese analise vir totale proteien (Kjeldahlvertering, spektro-fotometriese bepaling), totale koolhidraat (Anthonemetode) en totale lipied inhoud (ekstraksie, Gravimetriese metode, skeiding) ingesluit. Totale energie is bereken en alle resultate is met ekwivalente vergelyk. Duplikaatanalise van sojamelkmonsters, onderskeidelik berei van 1:2 (n = 6) en 1:4 (n = 4) volume verhoudings van gehidreerde gemaalde sojabone : water vir die kook van die sojapulp, het statisties-beduidende verskille uitgewys (p< 0.05). Geen statisties-beduidende verskille is gevind in die makronutriêntwaardes van kommersiêle sojamelkprodukte wat gedrink kan word nie (p > 0.05). Alhoewel statisties-beduidende tekorte vir bykans alle soortgelyke waardes van tuisbereide sojamelk (1:4) teenoor die industrieel bereide 'SoyCow' produk en waardes gerapporteer in die Suid Afrikaanse databasis vir gestandardiseerde nutriêntsamestelling van voedsel (p< 0.05) waargeneem is, sal inname van die tuisbereide produk tog 'n belangrike bydrae tot proteïen (en energie) inname kan lewer. Die effektiwiteit van 'n verbeterde nutriëntekstraksie, byvoorbeeld deur 'n dubbel-maalproses en meer effektiewe pers van die gekookte sojapulp, moet ondersoek word. 'n Intervensiestudie om die effek van daaglikse sojamelk inname op die voedingstatus van kinders in lae-inkomste bemeenskappe te meet, word aanbeveel. Verder word aanbeveel dat resepte ontwikkel word om die onopgeloste vesel wat oorbly na die melkmaak proses (okara) in huishoudelike geregte in te sluit, byvoorbeeld in die bereiding van brood.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License