SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

JANSE VAN RENSBURG, Christine  and  SURUJLAL, Jhalukpreya. Gender differences related to the health and lifestyle patterns of university students. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

In die oorgang van adolessensie na jong volwassene, bevind studente hulself binne 'n universiteitsomgewing. Gepaartgaande met hierdie oorgang word nuutgevonde vryheid verkry, wat veroorsaak dat universiteitstudente meer beheer oor hul lewenstyl en gedrag uitoefen. Die waarskynlikheid bestaan dat baie studente in hierdie omgewing betrokke sal raak by 'n ongesonde en gewaagde lewenstyl, wat alkohol misbruik, tabak gebruik, fisieke onaktiwiteit en ongesonde eetgewoontes insluit. Bogenoemde is faktore wat student se gesondheid oor die langtermyn nadelig sal beïnvloed. Navorsing in Suid-Afrika oor gesondheid en lewenstylpatrone van verskillende geslagsgroepe onder jong volwassenes is skaars. Die doel van hierdie studie was dus om ondersoek in te stel aangaande geslagsverskille in gesondheid en lewenstyl van studente, asook die betrokke nagevolge daarvan. 'n Gerieflikheids-steekproeftegniek is gebruik waartydens 400 vraelyste aan studente by drie verskillende universiteitskampusse in die Gauteng provinsie in Suid-Afrika versprei is. 'n Ondersoekende data analiese vir gesondheidsfakore is gebruik om toepaslike faktore te verkry vanuit 'n faktoren regressie analiese. Geslagsverskille is getoets deur gebruik te maak van kruis-tabulering vir beskrywende statistiek asook 'n 'Chi-square' analiese. Die studie het geen statisties-betekenisvolle verskille tussen geslagte getoon ten opsigte van die drie gesondheidsfaktore naamlik Gastro-intestinale, Boonste Asemhalingstelsel en Totale Gesondheid Probleme nie. Nietemin het beskrywende statistiek ten opsigte van lewenstyl gewoontes egter onthul dat meer vroulike studente aan fisieke aktiwiteit delneem, rook en hul vergryp aan kos. Daar is ook gevind dat vroulike studente meer gevalle van spanning gerapporteer het as manlike studente. Die gevolgtrekking is dus dat universiteitstudente wel betrokke raak by gedrag en lewenstyle wat hul in gevaar stel vir ernstige gesondheidsprobleme.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License