SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

PETERSEN, Nadine F.  and  MERCKEL, Vanessa. Post-basic nursing students' reflections on their experiences of dialogic mediation. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Hierdie artikel handel oor nabasiese-verpleegstudente se nadenke oor die wyse waarop hulle die pedagogie van dialogiese bemiddeling ervaar het. Hierdie studie het aandag gegee aan huidige debatte oor geskikte onderrigmetodologieë vir studente in so 'n graadkursus en die rol van die verpleegkundige-opvoeder in hierdie opset. Die outeurs het 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering gebruik en het die volgende navorsingsvraag gestel: Wat is studente se nadenke oor hul ervarings van dialogiese bemiddeling en die invloed daarvan op hul idees van onderrig en leer? Die studie het 'n spesiefike kohort studente (n = 248) wat ingeskryf is by 'n semesterkursus in 'n nabasiese verpleeggraadprogram aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit ingesluit. Hulle is gevra om op drie oop vrae te reageer oor hul ervarings van 'n kursus wat betrokkenheid by 'n nuwe onderrig- en leerstrategie vereis en waar aktiewe deelname verwag word. Data is uit studente se skriftelike nadenke ingesamel en is ontleed deur vir herhalende temas en patrone te soek. Die bevindings het getoon dat studente uiterste vlakke van frustrasie aan die begin van die kursus ervaar het, aangesien hul bestaande onderrig en leer uitgedaag is. Hulle het ook die nuwe onderrigtegniek wat met hierdie pedagogie gepaardgaan veeleisend gevind. Nadat hulle egter die onderliggende beginsels en idees verstaan het, het hulle begin om die implikasies van hul eie leer- en onderrigpraktyke te verstaan.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License