SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Reasons for students' poor clinical competencies in the Primary Health Care: Clinical nursing, diagnosis treatment and care programmeThe link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

LOUBSER, Hendrik J.; BRUCE, Judith C.  and  CASTELEIJN, Daleen. The DELTA® nursing measure: Its development and testing for nursing utility. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

In die gespesialiseerde verplegingsveld van akute psigiatrie het verpleegkundiges 'n behoefte uitgespreek om roetineweg pasiênte se geestesgesondheidsuitkomste empiries te meet en te evalueer. Die doel van die studie was om 'n meetinstrument, genoemd die 'DELTA nursing measure', te ontwikkel en toets wat ingebed kan word in die verplegingsproses en versorgingsplan en wat psigiatriese verpleegkundiges in staat kan stel om roetine-weg die pasiênte se akute geestesgesondheidsuitkomste te meet en te evalueer. 'n Kwalitatiewe, eksploratiewe studie ontwerp is gebruik om twee opeenvolgende doelwitte aan te spreek. Eerstens is kwalitatiewe data wat observeerbare gedrag in pasiênte met akute geestessiektes beskryf ingesamel van psigiatriese verpleegkundiges (n= 5) wat ervaring het in akute geestesgesondheidsorg. Die data is geanaliseer met induktiewe inhouds analiese tegnieke om die ontwerp en konstruksie van die 'DELTA nursing measure' te bewerkstellig. In die tweede doelwit was die 'DELTA nursing measure' se bruikbaarheid vir verpleging bestudeer. Om dit te doen was 'n nuwe span psigiatriese verpleegkundiges (n = 25) wat werksaam was in 'n 116-bed akute psigiatriese hospitaal opgelei en getoets in die gebruik van die 'DELTA nursing measure'. Na 30 maande is 'n fokusgroep (n= 6) gehou wat verteenwoordigend was van die span om hulle persepsies en ervarings van die nuut-ontwikkelde meetskaal se bruikbaarheid te eksploreer. Beskrywende data is met behulp van deduktiewe inhouds tegnieke geanaliseer. Die uitkoms van die 'DELTA nursing measure' as 'n routine verplegingmeetskaal vir die bepaling van akuutheid in psigiatrie het baie goeie resultate opgelewer. Die bruikbaarheidseienskappe het positiewe response bevestig dat aanvaarding, betroubaarheid en vertroue bereik is en dat dit 'n nuttige instrument is om die verplegingsdiens te bevorder. Die positiewe response op die 'DELTA nursing measure' is merkwaardig. Dit het die potensiaal om 'n betekenisvolle bydrae te lewer tot die psigiatriese verplegingsveld omdat dit 'n meetbare dimensie toevoeg tot pasient uitkomste, 'n hoogs-benodigde vereiste van pasiênte, multidissiplinêre spanne en gesondheidsorgbefondsers.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License