SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Stakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, NamibiaReasons for students' poor clinical competencies in the Primary Health Care: Clinical nursing, diagnosis treatment and care programme author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

VON HUMBOLDT, Sofia; LEAL, Isabel; PIMENTA, Filipa  and  NICULESCU, Georgeta. In the eyes of older adults: Self-reported age and adjustment in African and European older adults. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Hierdie artikel het ten doel om ouer volwassenes se persepsies aangaande subjektiewe ouderdom en aanpassing by veroudering te ondersoek en om die korrelatiewe struktuur van die pre-kategorieë te ontleed: subjektiewe ouderdom, indikators van aanpassing by veroudering en persepsies oor persoonlike ouderdom. Die artikel gebruik 'n eksploratiewe, deskriptiewe gemengdemetode-ontwerp. 'n Doelgerigte steekproefmetode is gebruik om 154 ouer volwassenes tussen die ouderdom van 75 en 99 uit drie verskillende nasionaliteite te kies. Semi-gestruktureerde onderhoude is met hulle gevoer en dit het op twee kerngebiede gefokus: subjektiewe ouderdom en aanpassing by veroudering. Die data is aan 'n inhoudsanalise onderwerp. Die representasie van die korrelatiewe struktuur van die pre-kategorieë in die studie (subjektiewe ouderdom en indikators van aanpassing by veroudering) is met behulp van 'n veelvuldige-ooreenkoms-analise gedoen. Gestandaardiseerde instrumente het reguliere kognitiewe vermoëns gemeet. Vyf kategorieë vir subjektiewe ouderdom is uit die onderhoude afgelei: 'aangepas', 'gediskonnekteer', 'oud', 'jeugdig' en 'verdraagsaam'. 'n Totaal van sewe kategorieë het as indikators van aanpassing by veroudering na vore gekom: 'sosiale netwerking', 'gesondheid', 'tydsperspektief', 'spiritualiteit', 'finansiêle outonomiteit', 'professionele aktiwiteite' en 'vervulling en vrye tyd'. Die resultate ondersteun 'n model vir elke pre-kategorie. Subjektiewe ouderdom is deur 'n tweefaktor-model verduidelik: 'ouderdomsbewustheid' en 'jeugdig'. 'n Driedimensionele model is as die beste oplossing vir aanpassing by verandering aangedui, te wete 'versoen, 'tevrede met wat voldoende is' (satisficers) en 'maksimaliseerder'. 'n Oorkoepelende driedimensionele model vir PAP (die Sielkundevereniging van die Filippyne) is gevorm deur die kategorieë 'ouderdom-bewus', 'vervul' en 'tevrede met wat voldoende is'. Die bevindings beklemtoon die onderontwikkelde potensiaal van subjektiewe ouderdom, aanpassing by veroudering en 'n oorkoepelende model vir persepsies oor persoonlike ouderdom in hierdie populasie. Die bevordering van subjektiewe ouderdom en aanpassing by veroudering sou belangrike doelwitte kon wees ten einde intervensie-uitkomste onder ouer volwassenes te verbeter.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License