SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1The health care needs of the physically disabled patient in a home-based care environment: Implications for the training of ancillary health care workersStakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, Namibia índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

LOUBSER, Hendrik J.; BRUCE, Judith C.  y  CASTELEIJN, Daleen. The BETA nursing measure: Its development and testing for nursing utility. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Gespesialiseerde verpleging vir rehabilitasie, herstelling en gerontologie benodig restoratiewe intervensies, maar verpleegsters kan nie die uitkomste van hul pasiênte se aktiwiteite van daaglikse lewe (ADLs) akkuraat en geroetineerd meet, assesseer en evalueer nie, asgevolg van 'n gebrek aan geldige meet instrumente. Die doel van hierdie studie was om die BETA, 'n verplegings meet skaal, te ontwikkel wat roetineweg deel kan word van die verplegingsproses en sorgplan en wat die primêre versorger in staat stel om pasiênte se ADLs te meet, assesseer en evalueer. Die eerste doelwitte was om die BETA skaal te ontwerp en ontwikkel vir primêre versorgers om hul pasiênte se ADLs roetineweg te kan waarneem en opteken. Die tweede doelwit was om die BETA skaal se nuttigheid vir verpleegsters te toets. Daar is twee opeenvolgende kwalitatiewe studies gedoen. Eers is daar individuele onderhoude gevoer om beskrywende data te versamel van geregistreerde verpleegsters (n= 6), verpleegassistente, (n = 8) en versorgers (n = 16), wat bedrewe is in die veld van restoratiewe verpleging. In die eerste studie is die data geanaliseer met behulp van induktiewe inhoudsanalisetegnieke om die BETA skaal te ontwerp en op te stel. In die tweede studie is die BETA se nuttigheid vir verpleging bestudeer deur opleiding en toetsing in die toepassing van die BETA deur 'n nuwe span geregistreerde verpleegsters (n = 6) en versorgers (n = 48) wat in 'n versorgingseenheid vir geriatriese verswaktes werk. Na ses maande is twee homogene fokusgroepe gehou, bestaande uit geregistreerde verpleêrs (n= 3) en versorgers (n= 5) wat hierdie span verteenwoordig, om die nuttigheid vir verpleging te ondersoek. Beskrywende data in die tweede studie is met behulp van deduktiewe inhoudsanalisetegnieke geanaliseer. Die aanvanklike resultate was belowend. Die BETA se nuttigheidsvlakke vir verpleging het hoê hoogtes van aanvaarding, betroubaarheid en vertroue bevestig. Die BETA-verplegingskaal het die potensiaal om restoratiewe verpleging as n nuwe spesialiseringsveld in Suid-Afrikaanse verpleging te bewerkstellig, n baie nodige diens vir beide pasiënte en multidissiplinêre spanne. Dit sal egter afhang van die geldigheid van die BETA, n studie waaroor daar in n opvolgartikel verslag gedoen sal word.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons