SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1The effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisonsSelf-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

AMIEN, Feroza; MYBURGH, Neil G.  y  BUTLER, Nadine. Location of community pharmacies and prevalence of oral conditions in the Western Cape Province. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Gemeenskapsaptekers word gereeld genader vir advies rakende mondgesondheid, hoofsaaklik mondsere wat 'n aanduiding kan wees van mondkanker, MIV en verskeie sistemiese siektes. Gemeenskapsaptekers moet weet hoe om hierdie kwessies te hanteer. Die ligging van die area en die sosio-ekonomiese status (SES) van die apteek moet in ag geneem word aangesien dit 'n invloed mag hê op die hantering van die pasiënt. 'n Studie van hierdie aard is nog nie in die Wes-Kaap Provinsie van Suid-Afrika onderneem nie. Die doel van hierdie studie is om die voorkoms en herhaling van klagtes oor mondsiektes by gemeenskapsapteke te bepaal en of hierdie parameters verskil na gelang van metropolitaanse ligging en SES. 'n Deursnee-opname van 162 ewekansig geselekteerde privaat sektor-apteke is onderneem. Die steekproef (n = 121) is gestratifiseer ten opsigte van SES en metropolitaanse ligging. 'n Oopeinde gestruktureerde vraelys is aan apteke gefaks. 'n Telefoniese onderhoud is 'n dag later gevoer. Gemeenskapsaptekers is gevra na die herhaling van en die tipe mondgesondheidsprobleme wat hulle teëgekom het. Die meeste aptekers (91%) het dikwels met mondprobleme te doen gekry, meestal mondsere (55.8%), mondsproei (49.2%) en tandpyn (33.3%). Die bevindinge het nie verskil na gelang van metropolitaanse ligging en SES (Chi-kwadraat, Fisher se eksakte toets, p > 0.05) nie, met die uitsondering van tandpyn en mondsere. Gemeenskapsaptekers vorm 'n belangrike deel van 'n interdissiplinêre span, en speel 'n definitiewe rol in die vroeë opsporing van mondgesondheidstoestande, naamlik tandverrotting, MIV en mondkanker. Opleiding in algemene mondgesondheidstoestande behoort deel te vorm van voorgraadse aptekerskurrikulums en voortgesette professionele ontwikkelingskursusse.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons