SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1Value-sensitive clinical accompaniment in community nursing scienceThe effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisons índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

VON HUMBOLDT, Sofia; LEAL, Isabel  e  PIMENTA, Filipa. Staying well in old age: Predicting older adults' wellness. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

In 'n wêreld wat aan die verouder is, is die potensiaal van bejaardes om goed te verouder steeds relatief onbekend. 'n Toenemende literatuurbasis stel voor dat koherensiesin belangrik is om 'n goeie lewensgehalte vir bejaardes te verseker. Om te verken of lewenstevredenheid, sosio-demografiese, gesondheids- en lewenstylverwante veranderlikes voorspellers is van die koherensiesin in 'n steekproef van bejaardes wat nie in tehuise woon nie, asook om die beduidende verskille tussen die vier nasionaliteite met betrekking tot die koherensiesin te evalueer. Kruis-nasionale navorsing bestaande uit 'n steekproef van 454 volwassenes, 75 jaar of ouer, wat nie in tehuise woon nie. Koherensiesin is met behulp van die lewensoriëntasievraelys beoordeel en lewenstevredenheid is met behulp van die lewenstevredenheidskaal gemeet. Strukturele vergelykingsmodellering is gebruik om 'n strukturele model van die self-gerapporteerde koherensiesin te ondersoek. Die model bestaan uit sosio-demografiese veranderlikes (ouderdom, geslag, huwelikstatus, professionele status, opvoedkundige vlak, gesin se jaarlikse inkomste en lewensomstandighede), asook lewenstevredenheid, lewenstyl- en gesondheidsverwante (fisiese aktiwiteitsvlak en onlangse siekte) eienskappe. Beduidende voorspellers is fisiese aktiwiteitsvlak (β = .804; p < 0.001), onlangse siekte (β = .501; p < 0.001) en lewenstevredenheid (β = .07;p = 0.004). Die veranderlikes verklaar onderskeidelik 57.5% van die wisselvalligheid van die koherensiesin. Verder is daar ook verskille tussen die vier nasionaliteite met betrekking tot koherensiesin (F(3) = 5.204; p = 0.002) gevind. Fisiese aktiwiteitsvlak is die sterkste voorspeller van self-gerapporteerde koherensiesin. Ander voorspellers is lewenstevredenheid en die afwesigheid van onlangse siekte. Die vier nasionaliteite het duidelike verskille ten opsigte van koherensiesin getoon. Hierdie studie beklemtoon die noodsaaklikheid om die potensiële faktore - veral fisiese aktiwiteitsvlak en verdere gesondheidsverwante eienskappe - wat bejaardes se koherensiesin be'invloed, te verstaan.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons