SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Coping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitusSexual risk behaviour amongst young people in the Vhembe district of the Limpopo province, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

RICHTER, Karien  and  JOOSTE, Karien. The experiences of private somatology therapists on their self-management in a private practice. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Somatologie terapeute het 'n veeleisende werk hetsy fisies en emosioneel. Lang werksure, gekoppel met die hantering van kliënte op 'n daaglikse basis, asook die stremming om te alle tye 'n hoë gehalte kliëntesorg te verseker, is als faktore wat spanning op die terapeut plaas. Die gebrek aan selfbestuur van 'n terapeut - in die agtergrond van die bogenoemde bydraende faktore - kan tot 'n swak oordeelsvermoë en dienooreenkomstige substandaard optrede in die werkplek lei. Die doel van hierdie studie was onder andere om die ervarings van privaat somatologie-terapeute te ondersoek en te omskryf, waarvolgens aanbevelings vir verbeterde selfbestuur in privaat somatologie-praktyke beskryf was. Vir die doeleindes van hierdie study, word selfbestuur gedefinieër as 'n metode om nie alleenik die interaksies met die kliênte en die werkstressors te bestuur nie, maar ook om die gevoelens van die terapeute te bestuur, deur middel van die uitoefening van 'n verskeidenheid tegnieke, onder andere, self-dissipline. 'n Beskrywende, ondersoekende en kontekstuele kwalitatiewe ontwerp is gevolg. Die toeganklike populasie het uit terapeute (n = 15) in ses private somatologie-praktyke in die Pretoria-Noordstreek bestaan. 'n Doelgerigte steekproef is gevolglik geneem. Tien individuele ongestruktureerde onderhoude, asook 'n loodstudie is uitgevoer en veldnotas is geneem. Oop kodering het vier temas met subtemas geïdentifiseer. Die model van Lincolin en Guba is gebruik om betroubaarheid te verseker en etiese oorwegings is tydens die navorsingsproses gevolg. Ingeligte toestemming is deur die privaat kliniekpraktyke en deelnemers verleen. Een tema het inderdaad aangedui dat selfbestuurstrategieë gedemonstreer behoort te word om sodoende 'n gevoel van beheer te bekom. Hierdie studie het geidentifiseer dat daar 'n definitiewe behoefte is om die terapeut binne die veeleisende werksomgewing te koester wat ons die somatologiepraktyk noem.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License