SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1The South African Military Nursing College Pupil Enrolled Nurses' experiences of the clinical learning environmentThe experiences of private somatology therapists on their self-management in a private practice índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 1025-9848

Resumen

KENNEDY, Maureen  y  JULIE, Hester. Nurses' experiences and understanding of workplace violence in a trauma and emergency department in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp. 1-9. ISSN 1025-9848.

Geweld in die Suid-Afrikaanse samelewing het epidemiese vlakke bereik en selfs werksplekke binnegedring. Die doel van die studie was om 'n dieper begrip te verkry van hoe verpleegsters geweld deur pasiënte by die werksplek ervaar en verstaan, en aanbevelings te maak om hierdie tipe van geweld te verminder. 'n Kwalititatiewe, eksploratiewe en beskrywende ontwerp is gebruik om die ervaringe en hanteringsmeganismes te verken van verpleegkundiges wat aan werkpleksgeweld blootgestel was. 'n Doelgerigte steekproef is gedoen bestaande uit agt verpleegkundiges werksaam in die Trauma en Nooddienste Departement in die Weskaap, Suid Afrika. Die semi-gestruktureerde onderhoude is kwalitatief ontleed vir temas. Vier hooftemas en 10 kategorieë is geïdentifiseer. Verpleegkundiges ervaar dreigemente van fisiese geweld, verbale misbruik en psigiese en dreigende geweld gereeld. Hulle is geneig om pasiënte se misbruikende gedrag te 'normaliseer' omdat hulle die persepsie het dat geweld of misbruik 'deel van die werksomgewing' is. Hierdie persepsie gee aanleiding tot onder-rapportering van nie-fisiese geweld en gekompromitteerde sorg deurdat skuldige pasiënte of vermy, geïgnoreer of minimale sorg gegee word. Hanterings meganismes sluit in reflektering teenoor kollegas, uithelp met take, die gebruikmaking van 'n rook breek, en ontlaaing teenoor familielede en vriende. Die toleransie van nie-fisiese geweld en die gebrek van beleidsriglyne dra by tot die onder-rapportering van werksplek geweld.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License