SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1A model for higher education campus health servicesCoping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitus índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

CAKA, Ernestina M.  e  LEKALAKALA-MOKGELE, Sebi. The South African Military Nursing College Pupil Enrolled Nurses' experiences of the clinical learning environment. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

Die studie het gefokus op die kliniese leerervarings van leerling-ingeskrewe verpleegkundiges (LIV's) in die militêre gesondheidsdiens. Die doel met die navorsing is om die kliniese leerervarings van LIV's binne die militêre gesondheidsomgewing te verken en te beskryf. 'n Verkennende, beskrywende, kontekstuele ontwerp, kwalitatief van aard, is gebruik om die studie te rig. As 'n opleidingsinstituut roem die weermag hulle op die opleiding van verpleegkundiges as soldate, en nie slegs verpleegkundiges nie. Dit kan uitdagend sowel as frustrerend vir studente wees omdat die omvang van hierdie opleiding so divers is. In die weermag, bekend vir sy hiërargie, geniet militêre reëls gedurig voorrang bo verpleegkundige reëls. Vir die duur van die verpleegopleiding word studente aan die kliniese leerareas toegewys om vaardighede soos probleemoplossing en kognitiewe en psigomotoriese vaardighede te bekom (Kuiper & Pesut 2003:383). Studente leer hoe om teorie en praktyk te verenig en teorie in die praktyk toe te pas. Dit word egter nie geïsoleerd van militêre kodes gedoen nie, aangesien dit alles vervleg is. Bywoning van militêre parades en drilsessies moet in hierdie fase geïnkorporeer word. Dit kan tot verbeurde kliniese opleidingsgeleenthede lei, aangesien daar van studente verwag word om die kliniese omgewing vir hierdie doeleindes te verlaat. Drie fokusgroepsessies is gehou en die ervarings van die studente, soos deur hulleself vertel, het waardevolle insigte gelewer. Die navorser het veldnotas gemaak en was behulpsaam met die hantering van bandopnames om die herroeping van inligting te vergemaklik. Die navorser het die data onafhanklik van die medekodeerder geanaliseer. Twee temas met betrekking tot die leerervarings van LIV's het na afloop van die data-analise aan die lig gekom: (1) fasiliterende faktore vir kliniese leerervaring, (2) struikelblokke tot kliniese leerervaring. Die bevindinge dui op faktore wat die studente se leerervaring fasiliteer, asook struikelblokke tot leerervaring. Na aanleiding van hierdie bevindinge het dit moontlik gemaak vir die navorser om aanbevelings te maak aangaande positiewe intervensies wat toegepas kan word ter bevordering van die leerervaring.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons