SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

JOOSTE, Karien; KHUMALO, Valencia  and  MARITZ, Jeanette. Sportmen's experiences at a somatology clinic receiving a sport massage. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Sportsmanne besoek toenemend somatologieklinieke vir masserings voor 'n aërobiese sportsbyeenkoms as 'n manier om prestasie te bevorder. Massering is bekend vir beide die kalmerende en stimulerende eienskappe daarvan, en daarom beskik dit oor potensiële voordele vir prestasie in verskeie omstandighede. In die konteks van sportsmanne wat somatologieklinieke besoek, is dit steeds onduidelik hoe mans die voordele van 'n massering by 'n somatologieterapeut voor hul deelname aan 'n aërobiese sportsbyeenkoms ervaar. Die doel van hierdie kwalitatiewe, ondersoekende, beskrywende en kontekstuele studie was om die ervaringe van mans ten opsigte van 'n sportsmassering in 'n somatologiekliniek voor 'n aërobiese sportsbyeenkoms te ontdek en te beskryf. Doelbewuste steekproefneming is gebruik om agt mans, tussen 25 en 50 jaar oud, wie twee masserings binne twee weke voor deelname aan 'n aërobiese sportsbyeenkoms ontvang het, te selekteer. Die data is deur in diepte, ongestruktureerde onderhoude en veldnotas ingesamel totdat dataversadiging bereik is. Vertrouenswaardigheid is deur die gebruik van die beginsels van Lincoln en Guba se model verseker. Die mans het hul ervaring tydens die massering, asook tydens en na hul deelname aan die aërobiese sportsbyeenkoms, beskryf. Hulle het die sportsmassering as ontspannend ervaar wat holisties voordelige effekte meebring. Die massering het psigologiese, fisiese en geestelike voordele teweeggebring.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License