SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African womenA model for higher education campus health services índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

MATHEVULA, Friddah R.  y  KHOZA, Lunic B.. Nurse educators and student nurse neophytes' perceptions of good interaction in the classroom setting. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Die wyse waarop die interaksie tydens die eerste sessie in die klaskamer benader word, bepaal dikwels die atmosfeer vir die res van die leerperiode. Goeie interaksie is dus nodig tussen die verpleegopvoeder en die verpleegnuweling-studente om studente te help om verantwoordelikheid te aanvaar en om positief tydens die leerproses te reageer. Die doel met die studie was om te bepaal wat die persepsies van verpleegopvoeders en verpleegnuwelingstudente is ten opsigte van goeie interaksie in die klaskameropset. Die studie het gepoog om die volgende vraag te beantwoord: 'Wat word deur verpleegopvoeders en verpleegnuweling-studente beskou as voorbeelde van goeie interaksie in die klaskameropset?' Die toeganklike populasie vir die studie was al die verpleegnuweling-studente wat vir die Baccalaureus Curationis aan die Universiteit van Venda geregistreer is, sowel as die verpleegopvoeders wat verantwoordelik is vir die onderrig van die eerstejaar verpleegstudente. Die studie het gebruik gemaak van waarskynlike, ewekansige gestratifieerde steekproeftrekking om twee heterogene groepe studente te trek. Veertig eerstejaarstudente is opgedeel in homogene substelle van 15 manlike en 25 vrouike studente. Die steekproef van die verpleegoopvoeders is met behulp van doelbewuste steekproeftrekking getrek. Fokusgroepe is gebruik om onderhoude te voer met die studente. In-diepte onderhoude is met die verpleegopvoeders gevoer om inligting in te win. Kodifisering is gebruik om die data te organiseer wat tydens die onderhoude ingewin is. Die studie het getoon dat sowel verpleegopvoeders as verpleegnuwelinge saamstem dat respek, ondersteuning, goeie kommunikasie, eerliklheid en openheid etiese gedragspatrone is wat goeie interaksie beïnvloed. Ouderdom, geslag en kulturele agtergrond is ook faktore. Die deelnemers het verder aangedui wat goeie interaksievoordele inhou, soos verbeterde vlakke van samewerking, die verbeterde leerproses, verhoging in slaagsyfers en die afname in uitsakkingsyfers. Opsommenderwyse is daar 'n behoefte aan verpleegopvoeders en verpleegnuweling-studente om goeie praktyke ten opsigte van goeie interaksie in die klaskameropset te ontwikkel.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons