SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1Young South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African women índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

MONARENG, Lydia V.. An exploration of how spiritual nursing care is applied in clinical nursing practice. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

Geestelike verpleegsorg is 'n belangrike konsep omdat van verpleegkundiges verwag word om pasiënte holisties te versorg. Baie verpleegkundiges vind dié begrip en die integrering daarvan problematies en verwaardeloos gevolglik hierdie aspek van sorg. Die studie ondersoek en beskryf die mate waartoe verpleegkundiges geestelike sorg aan pasiënte verleen. 'n Basiese kwalitatiewe, ekploratiewe, beskrywende studie is uitgevoer met Simboliese Interaksionisme as die filosofiese basis. Professionele verpleegkundiges in 'n openbare hospitaal is vir die studie gebruik. Deelnemers is deur doelgerigte sneeubal-selekteringsmetodes gewerf. Data is deur individuele-, fokusgroeponderhoude en waarneming ingesamel. Metodes vir data-analise het die NUD*IST-rekenaarprogram, kodering, konstante vergelykingsmetode en Tesch se riglyne vir data-analise ingesluit. Resultate toon verpleegkundiges vind dit moeilik om geestelike verpleegsorg te konseptualiseer en van emosionele, sosiale of sielkundige sorg te onderskei. Nietemin het gebed met of vir pasiënte en die sing van geestelike liedere die hoogste telling wat as effektiewe intervensie beskou kan word. Aanbevelings suggereer die hersiening van die bestek van praktyk asook die kurrikulum vir die opleiding van verpleegkundiges ten einde sorg te dra dat geestelike verpleegsorg in die klaskamer sowel as in die kliniese praktyk sigbaar en verwesenlik word. Geestelike verpleegsorg is steeds 'n verwaarloosde en oënskynlik 'n komplekse komponent van pasiëntsorg. Desondanks word die praktykverwesenliking daarvan belemmer deur die wetenskaplike wêreldbeskouing, oortuigings en onvoldoende statutêre onderskrywing.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons