SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1Adaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

DITEWEG, Hilde et al. AIDS awareness and VCT behaviour: An application of the integrated model of behaviour prediction. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Dit is belangrik om doelgerigte voorkomende strategieë te ontwikkel om die verspreiding van MIV en VIGS in Suid Afrika te bekamp. Die vrywillige MIV-voorligtings- en toetsingsprogram (VVT) blyk effektief te wees om die verspreiding van die MI virus te stuit. In hierdie studie is 'n vraelys ontwikkel wat op die geïntegreerde model van gedragsvoorspelling (GMG) gebaseer is. Die studie ondersoek die mate waarin die GMG gedrag kan voorspel. n Steekproef van 92 sport spanlede van Limpopo tussen die ouderdomme van 14 tot 30 jaar, het die vraelys voltooi. Resultate toon dat oortuigings oor die uitkoms van gedrag en oortuigings oor die verwagtings van ander 'n direkte invloed uitoefen op die intensie om VVT te ondergaan. Oortuigings dat daar faktore is wat gedrag kan fasiliteer het 'n invloed op die intensie slegs as 'n mens ook die gemak waarmee gedrag uitgevoer kan word insien. Kennis, intensie en stigma is nie verwant aan toetsgedrag nie. Die bevindinge toon dat sommige konstrukte wel intensie en toetsgedrag beinvloed, maar nie op die manier wat die model voorstel nie. Resultate bevraagteken die vermoê van die GMG om MIV en VIGS- voorkomende gedragsintensies te bepaal.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons