SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Maintenance of the selected infant feeding methods amongst postnatal mothers at risk of HIV in the Eastern Cape Province, South AfricaInitiation of antiretroviral therapy at rural primary health care clinics in KwaZulu Natal author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 1025-9848

Abstract

PELLOW, Janice  and  SWANEPOEL, Marlo. A randomised pilot study on the efficacy of milking cream and a homeopathic complex topical cream on Diaper Dermatitis. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp. 1-9. ISSN 1025-9848.

Luier dermatitis (LD) is 'n akute inflammasie van die vel in die luier area en is die algemeenste velsiekte onder babas en kleuters. Calendula officinalis, Atropa belladonna en Sulphuricum acidum is beweerde homeopatiese middels wat voordelig is in wondgenesing en ander velkondisies. Tot ophede is daar geen navorsing gedoen op die doeltreffendheid van die bogenoemde middels op LD nie. Die doelwit van die sewe dag, dubbele-blinde, beheerde-loodsstudie was om die doelteffendheid van melksalf en 'n homeopatiese mengsel te evalueer as topikale behandelinge vir LD. Veertig babas tussen die ouderdomme van drie maande tot 24 maande was gewerf om deel te neem aan die studie. Die homeopatiese mengsel room (n = 20) of die melksalf (n = 20) was aangewend met elke luier vervanging vir sewe dae lank. Die doeltreffendheid van die room was beoordeel op dag 1, 2, 4 en 7 aan die erns van die simptome en die persentasie gebied wat geraak was, met behulp van 'n 4-Punt Graderingsskaal en die Gewysigde Lund en Browder Grafiek onderskeidelik. Uitslae het getoon dat die behandelingsgroep en die kontrolegroep albei statistiese, beduidende verbeteringe getoon het op die erns van die uitslag en die persentasie gebied wat geraak is, tussen opeenvolgende besoeke sowel as die hele studie tydperk. Tendense dui daarop dat die behandelingsgroep 'n vinniger oplossing van simptome getoon het en beter gevaar het as die kontrolegroep in sekere geaffekteerde liggaamstreke. Voorlopige bevindinge dui daarop dat beide melksalf en die homeopatiese mengsel room effektiewe, alternatiewe behandelings opsies vir LD is en dat verdere ondersoek geregverdig is.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License