SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1A woman-centred childbirth modelForeign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SMALL, Louis Frederick et al. Students' perceptions regarding the objective, structured, clinical evaluation as an assessment approach. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Die verpleeg professie word gekenmerk dat 'n betekenisvolle typerk aan vaardigheids verwante aspekte bestee word. Dus is die evaluering van kliniese vaardighede 'n belangrike komponent in verpleegonderwys en die gebruik van objektiewe gestruktureerde kliniese evaluering was sodoende as noodsaaklik beskou in hierdie studie. Die doelwit van hierdie studie was om die persepsies van eerste en derde jaar verpleegstudente te ondersoek en te beskryf ten opsigte van die objektiewe gestruktureerde kliniese evaluerings benadering. 'n Kwantitatiewe analitiese deursnee studie was gebruik. Die instrument was 'n vraelys (ordinaal). Die focus van die vraelys was op die persepsies van die student verpleegkundiges met betrekking tot die objektiewe kliniese evaluering in besonder, asook op aspekte soos realiteit, uitvoering, tyd toewysing en student en evalueerder veranderlikes. Uit die bevindings blyk dit dat die objektief gestruktureerde kliniese evaluering benadering beskou word as nie volkome realisties nie, veral deur die senior (derde jaar) verpleegkundestudente in verhouding tot die eerstejaars. Wisselende vlakke van spanning is in die eerste en derde studiejare deur die studente ondervind, maar in die algemeen blyk die siening te wees dat die objektief gestruktureerde kliniese evaluering benadering goed georganiseer was en dat die studente in staat sou wees om ewe goed in die kliniese veld te vaar. Die meerderheid van die studente het waardering betyg vir die objektief gestruktureerde kliniese evaluering benadering. Nietemin is dit in die studie bevind dat die studente meer intensief voorberei moet word ten opsigte van tyd spandering, asook hoe om stress te verwerk tydens die evalauering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License