SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1Depth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South AfricaThe lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died' índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

DE WET, Gedina E.; DU PLESSIS, Emmerentia  y  KLOPPER, Hester C.. HIV-positive patients' and their families' comprehension of HIV- and AIDS-related information. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

Ondanks erkenning aan die belangrikheid om MIV- en VIGS-verwante inligting met mense wat geraak word deur MIV te deel, is dit steeds onduidelik wat die betrokkenes se begrip van dié inligting is. Hierdie navorsing was deel van die Tswaragano projek wat MIV-positiewe pasiënte se familie se bevoegdheid, vermoëns en sterktes om pasiënte tydens tuissorg te ondersteun, te verken en beskryf en is uitgevoer in die Noordwes-Provinsie, Suid Afrika. Hierdie navorsing het op Potchefstroom in die Noordwes-Provinsie gefokus.Hierdie artikel fokus navorsing wat ten doel gehad het tot MIV-positiewe pasiënte en hulle families se begrip van MIV-en VIGS-verwante inligting te verken en te beskryf, en om aanbevelings om hulle begrip te verbeter, te formuleer. 'n Kwantitatiewe, beskrywende en verkennende opname-ontwerp is gevolg. Data is ingesamel deur vraelyste, voltooi deur MIV-positiewe pasiënte (n = 79) en familielede (n = 34). Beskrywende statistiese analise is deur middel van frekwensie-analise uitgevoer. Etiese aspekte en meganismes om geldigheid en betroubaarheid te bevorder word bespreek. Die resultate het getoon dat beide MIV-positiewe deelnemers en hul families se sosiale en finansiële uitdagings ervaar as gevolg van werkloosheid en lae inkomste. 'n Sterkte bevind in hierdie navorsing is dat die meerderheid deelnemers gekoppel is aan 'n kerk, wat 'n waardevolle platform vir die deel van inligting oor MIV en VIGS kan wees. Met betrekking tot deel, bronne en begrip van MIV- en VIGS-verwante inligting is dit duidelik dat deelnemers van mening is dat pre- en post-berading 'n geleentheid vir die deel van inligting is, maar dat hul 'n behoefte het dat die gesondheidswerker meer tyd saam met hul spandeer, nie-veroordelend is en meer gebruik maak van visuele hulpmiddels. Verder het dit geblyk dat die meerderheid MIV-positiewe deelnemers wel die nut van en onderhandeling vir veiliger seksuele praktyke begryp. Die gevolgtrekking was dat alhoewel MIV-positiewe pasiënte en hul families betreklike goeie begrip van MIV- en VIGS verwante inligting toon, daar sekere leemtes in hul begrip is. Daarvolgens is aanbevelings ter verbetering van begrip van MIV- en VIGS verwante inligting geformuleer. Aanbevelings is geformuleer vir verpleegonderwys, navorsing en praktyk. Hierdie aanbevelings beklemtoon die belangrikheid van openheid in kommunikasie, die bou van vertrouensverhoudings, samewerking, kultuur-sensitiwiteit en die bemagtiging van MIV-positiewe pasiënte en hul families.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons