SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectives índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

MTHOBENI, Maseapo P.  e  PEU, Mmapheko D.. Perceptions of health promoters about health promotion programmes for families with adolescents orphaned as a result of AIDS in the rural Hammanskraal region in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Suid-Afrikaanse gemeenskappe word steeds grootliks beïnvloed deur die hoë vlak van MIV en vigs, soos weerspieël in die algehele nasionale MIV-syfer in 2008 van 29.3% (UNAIDS 2010:10). In die aanspreek van hierdie uitdaging is die gesondheidstelsel afhanklik van gemeenskapsorgwerkers om gesondheidsbevordering en -opleiding aan huise en gemeenskappe te voorsien. Die versorgers wat in die gemeenskap werk, het eerstehandse inligting oor wat nodig is om die sukses van programme vir gesondheidsbevordering te verseker. Hierdie studie, wat ten doel het om die uitdagings van gesondheidspromotors te verken, beskryf hul persepsie ten opsigte van 'n gesondheidsbevorderingsprogram vir families met adolessente wat wees gelaat is as gevolg van vigs. Data is op die doelbewus geselekteerde deelnemers in die landelike Hammanskraal-streek in Suid-Afrika ingesamel en die volgende navorsingvraag is in 'n fokusgroep-onderhoud gevra en bespreek: 'Wat is jou persepsie oor die gesondheidsbevorderingsprogram vir families met adolessente wat ouerloos gelaat is as gevolg van MIV en vigs?' Die data is met behulp van die aangepaste Tesch-metode geanaliseer om die hoof- en sub-kategorieë, asook die temas te organiseer en isoleer. Die volgende hoof-kategorieë is uitgesonder: die houdings van adolessente, die doeltreffendheid van huisbesoeke, die behoefte aan gesondheidsopvoeding en beperkte hulpbronne. Gebaseer op hierdie bevindinge is die aanbeveling dat die gesondheidsorgbeplanners bydra tot die verbetering van gesondheidsbevordering en -opvoeding deur die gebruik van gemeenskapsen nasionale media, die beskikbaarstelling van inligtingsmateriaal en die voorsiening van internet om meer mense, insluitende jongmense, die geleentheid te bied om toegang tot die inligting te verkry.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons