SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African womenA model for higher education campus health services índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

RUGGUNAN, Shaun. The labour market for histopathologists in KwaZulu-Natal: Emerging issues. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Die artikel bestudeer die faktore wat die arbeidsmark vir histopatoloë in KwaZulu-Natal (KZN), Suid-Afrika beïnvloed. Die literatuur oor die arbeidsmark en arbeidsprosesse van histopatoloë word gedomineer deur Noord-Amerikaanse en Europese literatuur. Hierdie gaping is veral akuut op die Afrika kontinent. Die artikel poog om hierdie gaping te vul deur die fokus te verksuif na die faktore wat die professionele millieu en die arbeidsmark van histopatoloë in Suid-Afrika beïnvloed. Die studie het gebruik gemaak van 'n kwalitatiewe, beskrywende en kontekstuele ontwerp. In-diepte onderhoude is gevoer met 70% van die histopatoloë in KZN. Die onderhoude is tematies geanaliseer. Hierdie onderhoude is getrianguleer teen arbeidsmark statistieke vir histopatoloë in Suid-Afrika, sowel as 'n reeks dokumentêre bronne. Die uitkoms van die studie het vier belangrike struikelblokke geïdentifiseer wat die arbeidsmark vir histopatoloë in die gesig staar: rasse-ongelykhede duur voort in die arbeidsmark, so ook geslagsongelykheid, daar is vrylike beweging tussen die publieke- en privaatsektors, en 'n sleg ontwikkelde kurrikulum by mediese skole het lae toetrede getalle vir registrateurs in die professie tot gevolg. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat dit onvoldoende is om slegs die mark en werksoraganisasies van kliniese dokters te bestudeer - empiriese navorsing is ook nodig om die rol van die mediese labaratorium spesialiste in die gesondheidsorg ketting te bestudeer. 'n Stel arbeidsmark ingrypings word ook voorgestel.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons