SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 issue1Young South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African women author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MUCHIRI, Jane W.; GERICKE, Gerda J.  and  RHEEDER, Paul. Needs and preferences for nutrition education of type 2 diabetic adults in a resource-limited setting in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-13. ISSN 2071-9736.

Onderrig in die selfbestuur van diabetes is essensieel in diabetessorg. Onderrig wat spesifiek ooreenkomstig die behoeftes van die pasiënt aangepas is, word die mees doeltreffend in die verbetering van gesondheiduitkomste geag. Dieet, 'n kritiese element in diabetesbehandeling, word deur pasiënte en gesondheidpraktisyns as die moeilikste beskou om na te volg. Spesifiek beplande voedingonderrig kan tot voordeel van lae sosio-ekonomiese diabete wees wat deel van diegene wat swak gesondheiduitkomste toon, uitmaak. Die doel van hierdie kwalitatiewe interpreterende fenomologiese studie was om die voedingonderrigbehoeftes van volwassenes met tipe 2 diabetes mellitus te ondersoek en te beskryf ten einde die ontwikkeling van 'n voedingonderrigprogram wat op hulpbrondbeperkte omgewings afgestem is, te rig. Een en dertig nie-insulien afhanklike tipe 2 diabetes pasiënte (geriefsteekproef) en 10 gesondheidpraktisyns was evalueer. Fokusgroepbesprekings deur gebruikmaking van semi-gestruktureerde vrae, is met die diabete gehou. Self-geadministreerde oop-eindigende vraelyste is deur die gesondheidpraktisyns voltooi. Data-analise is volgens Krueger se raamwerkbenadering gedoen. Siekteverwante kennisgapings en ontoepaslike self-gerapporteerde dieetpraktyke, insluitend ongebalanseerde maaltye, probleme met porsiekontrole en ontoereikende inname van groente en vrugte is gerapporteer. Aanbevelings vir die voedingonderrigprogram het onderwerpe verwant aan die siekte en die dieet ingesluit. Die pasiënte het groeponderrig by die kliniek, 'n bevoegde onderrigpraktisyn en omvattende onderrig verkies. Die pasiënte en die gesondheidpraktisyns het gesinsdeelname en die beskikbaarstelling van pamflette aanbeveel. Struikelblokke wat negatief op die voedingonderrigprogram kon inwerk, het finansiële beperkinge, voedselinsekuriteit, konflik met gesinsmaaltydreëlings en toegang tot geskikte voedsels ingesluit. Ondersteuning van die gesin en gesondheidpraktisyns, sowel as bemagtiging deur kennis is as fasiliteerders ter bevordering van die navolging van dieetaanbevelings deur beide groepe deelnemers geïdentifiseer. Tekortkominge in kennis, ontoepaslike dieetpraktyke en struikelblokke is aspekte wat in 'n voedingonderrigprogram aangespreek behoort te word. Voorstelle wat vir die voedingonderrigprogram en fasiliteerders gemaak is vir dieetnavolging, behoort in die program ingesluit te word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License