SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managersConcept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literature índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

SELLO, Ditonkana A.; SERFONTEIN, Jan H.P.; LUBBE, Martie S.  e  DAMBISYA, Yoswa M.. Factors influencing access to pharmaceutical services in underserviced areas of the West Rand District, Gauteng Province, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Toegang tot farmaseutiesedienste (FD) bly 'n uitdaging in minderbevoorregte gebiede. Die huidige studie het demografiese- en sosio-ekonomiese faktore ondersoek, wat FD kan beïnvloed in onder-bediende gemeenskappe van die Wes-Rand Distrik, Gauteng Provinsie, Suid-Afrika. Om te bepaal watter faktore toegang tot FD in vyf dorpsgebiede aan die Wes-Rand beïnvloed. Kwantitatiewe opnames met behulp van gestruktureerde vraelyste wat aan die algemene publiek (n = 2014) in Bekkersdal, Kagiso, Mohlakeng, Munsville, en Diepsloot dorpsgebiede uitgedeel is. Die vraelys het areas insluitende demografiese besonderhede, indiensneming- en opvoedingstatus, inkomstevlakke, metodes van betaling, en die gerief van die apteekdienste ondersoek. Daar was 2014 respondente (54.0% vroulik); 52.0% was werkloos; 65.0% het sekondêre of hoër onderwysopleiding; en > 70.0% het geen inkomste of verdien < R1000 p.m. Werkloosheid was hoër onder vroue, ongeag van vlak van opvoeding. Slegs 13.9% van die respondente het mediese fonds-lidmaatskap. Mediese fonds-lidmaatskap beïnvloed die keuse van gesondheidsverskaffer, maar toegang tot die apteekdienste is nie geraak deur mediese fonds-lidmaatskap nie. Mediese fondslede was egter meer in staat om te betaal. Die keuse van 'n verskaffer is deur indiensneming- en opvoedingstaus beïnvloed, met die meeste van die respondente wat werksaam was (66.0%) en die meer opgevoedes (64.4%), wat 'n apteker of 'n algemene praktisyn verkies het. Ten opsigte van die apteker se geslag het 47.5% van die respondente geen voorkeur gehad nie, 27.6% het manlike aptekers verkies, terwyl 24.9% vroulike aptekers verkies het. Mans met voorkeure het manlike verskaffers verkies (77.0%), en vroulike respondente het vroulike verskaffers verkies (69.3%). Respondente met geen formele opleiding, en diegene met 'n lae of geen inkomste het hoër geslagsvoorkeur resultate getoon. Toegang tot FD is beïnvloed deur geslag, ouderdom, gesinsinkomste en vlak van opvoeding. Mediese fonds-lidmaatskap daarenteen het geen beduidende invloed op die toegang tot FD gehad nie, maar wel op die vermoë om te betaal. Hierdie faktore moet in ag geneem word deur diegene wat belangstel om FD in soortgelyke gebiede te verskaf.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons