SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 issue1A woman-centred childbirth modelForeign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MLINGO, Margaret; EHLERS, Valerie J.  and  ROOS, Janetta. HIV and AIDS knowledge and sexual behaviours amongst secondary school learners in Harare, Zimbabwe. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Pogings om die Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) en Verworwe immuniteits-gebreksindroom (VIGS) pandemiese golf in Afrika te stuit, beklemtoon die noodsaaklikheid dat leerders ingeligte besluite moet kan neem. Alhoewel leerders in Zimbabwe se skole onderrig word oor MIV en VIGS, behoort die omvang van die kennis vasgestel te word. Die hoofdoelwit was om sekondêre skool leerders van Harare, Zimbabwe, se MIV en VIGS kennis te bepaal. Gestruktureerde onderhoude is gevoer met 75 Graad 8 (Vorm 1) sekondêre skool leerders van vier skole in Harare. Die meeste leerders het hulle MIV and VIGS kennis by skole opgedoen terwyl 'n paar dit van hulle ouers, gemeenskapsaktiwiteite, die radio en televisie gekry het. Geen leerders het met seksuele aktiwiteite begin nie, almal het van MIV gehoor, maar nie almal het geweet wat MIV is nie, en nog minder kon VIGS definieer. Minder as een-derde kon die drie belangrikste MIV voorkomende maatreëls noem. Die meeste leerders was gewillig om vrywillige berading en toetsing (VBT) te ondergaan, maar min het dit reeds gedoen. Aangesien geen leerder seksueel aktief was nie, bestaan geleenthede om Graad 8 (Vorm 1) leerders te bemagtig om ingeligte besluite te neem. Oor die algemeen was die leerders se MIV en VIGS kennisvlakke hoog, maar wanopvattings het bestaan Skole behoort saam te werk met radio en televisie programme ten einde wanopvattings aan te spreek. Leerders moet in staat gestel word om VBT dienste te benut. Doeltreffender MIV en VIGS voorligting in Zimbabwe se skole, kan meer jong mense in staat stel of HIV negatief te bly.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License