SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 número1Prevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South AfricaA woman-centred childbirth model índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

DE SWARDT, Hester Cathrina; DU TOIT, Heleen S.  y  BOTHA, Annali. Guided reflection as a tool to deal with the theory-practice gap in critical care nursing students. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Kritiekesorgverpleegstudente ervaar teenstrydighede ten opsigte van dit wat hul geleer word en wat van hul in die praktyk verwag word wat weer die leerproses vertraag. Dit word as die teorie-praktykgaping beskryf. Daar blyk geen enkelvoudige oplossing te wees vir die integrasie van teorie en praktyk nie. In 'n poging om die gaping te oorbrug, is 'n studie oor die invloed van begeleide refleksie op kritiekesorgverpleegkundige studente se teoretiese en praktiese ervaringe gedoen. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gevolg. 'n Instrument vir begeleide refleksie is ontwerp wat gebruik is tydens semi-gestruktureerde onderhoude in die data-insamelingsproses. Veldnotas en narratiewe beskrywings was ook middele ten einde data in te samel. Tema's wat uit die data na vore gekom het was 'n beskrywing van ervaringe, kritiese analise van data, kritiese analise van gevoelens en 'n veranderde perspektief met betrekking tot ervaringe. Teorie-praktyk integrasie het tot 'n mate in sommige kategorieë plaasgevind het. Daarinteen het die onvermoë om die teorie in die praktyk toe te pas response tot gevolg gehad, soos skuldgevoelens en gevoelens van onbevoegdheid. Dit wil voorkom asof begeleide refleksie die deelnemers gehelp het om duidelikheid en 'n veranderde perspektief ten opsigte van hul teoretiese en praktiese ervaringe te verkry. Begeleide refleksie behoort reeds vanaf basiese opleiding in verpleegkundiges se teoretiese en praktiese opleiding geïnkorporeer te word sodat verpleegkundiges bewus sal wees van hulle eie vaardighede om sodoende optimale pasiëntsorg te kan lewer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons