SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 issue1Nursing in Saudi Arabia: Reflections on the experiences of South African nursesPrevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SEHULARO, Leepile A.; DU PLESSIS, Emmerentia  and  SCROOBY, Belinda. Exploring the perceptions of psychiatric patients regarding marijuana use. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Insig in die gebruik van marijuana deur psigiatriese pasiënte is beperk, spesifiek met betrekking tot hulle redes vir voortgesette marijuana verbruik ten spyte van die negatiewe gevolge daarvan, byvoorbeeld hertoelating tot psigiatriese hospitale na marijuana-geïnduseerde psigotiese episodes. Dit is dus belangrik om te verstaan waarom psigiatriese pasiënte voortgaan om marijuana te gebruik ten spyte van die negatiewe uitwerking daarvan. Hierdie navorsing was ten doel om die persepsies van psigiatriese pasiënte in verband met die gebruik van marijuana in Potchefstroom in die Noordwesprovinsie te verken en te beskryf. So kan aanbevelings gemaak word vir verpleegonderrig, verpleegnavorsing en verpleegpraktyk om meer toepaslike versorging en behandeling te verseker en uiteindelik die heropname van psigiatriese pasiënte as gevolg van marijuana-geïnduseerde psigose te verminder. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gevolg om 'n 'stem' te gee aan die persepsies van psigiatriese pasiënte aangaande die gebruik van marijuana. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om deelnemers te identifiseer wat sou voldoen aan seleksiekriteria. Die steekproefgrootte is bepaal deur dataversadiging, wat bereik is na 10 individuele onderhoude met psigiatriese pasiënte. Ongestruktureerde individuele onderhoude is gebruik om data te versamel ná geskrewe toestemming van die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus), van die Noordwes Provinsiale Departement van Gesondheid, die Kliniese bestuurder van die psigiatriese hospitaal waar die data versamel is, sowel as van die psigiatriese pasiënte. Die medekodeerder en die navorser het die data onafhanklik van mekaar geanaliseer. Die bevindings van hierdie studie het die persepsies wat psigiatriese pasiënte het oor die gebruik van marijuana, die negatiewe effekte van die gebruik van marijuana, die gebruik van marijuana en psigiatriese toestande, en die staking van die gebruik van marijuana, uitgelig. Aanbevelings is geformuleer vir verpleegonderrig en verpleegnavorsing, sowel as vir die praktyk van verpleegkunde.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License