Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Health SA Gesondheid (Online)
versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848
Resumo
LEKALAKALA-MOKGELE, Eucebious. A literature review of the impact of HIV and AIDS on the role of the elderly in the sub-Saharan African community. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.
Die status van ouer volwassenes in Afrika beklee'n klein, maar vinnig groeiende deel van die globale verouderings literatuur. Die menslike immuniteitsgebreksvirus (MTV) en verworwe immuniteitsgebreksindroom (VIGS) pandemie het 'n nuwe fokus op die veranderende rol van bejaardes in die gemeenskap wat deur VIGS beïnvloed word, gegenereer. In sub-Sahara Afrika waar na beraming miljoene geïnfekteer word met MIV, met sowat twee miljoen sterftes jaarliks gerekordeer onder die tradisoneel produktiewe volwassenes, word daar van die kinders en bejaardes verwag om ongewone verantwoordelikhede op hulle te neem as gevolg van die verlies aan ouers of broodwinners. 'n Literatuuroorsig wat handel oor bejaardes en MIV en VIGS het die geanaliseerde data voorsien vir hierdie artikel. Toegang tot die databasis was meestal deur EBSCO (http://www.ebsco.co) wat soektog toegelaat het tot groot databasisse en soekenjins wat bruikbaar in die akademiese opset is en die vind van artikels aangaande gesondheid, gesondheidverwante akademiese joernale en argief verslae. Bevindings toon dat die VIGS pandemie direkte en indirekte effekte het. Hierdie effekte manifisteer in 'n stel sosiaal verwante, ekonomiese en psigologiese dimensies wat ten einde 'n impak op die gesondheid en welstand van bejaardes het. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat meer gedoen moet word om die kennis basis van MIV en VIGS te artikuleer om die sosiale, ekonomiese en politiese beleid in kennis te stel, om sodoende die resulterende probleme van MIV en VIGS op die bejaarde Afrika populasie te verlig.