SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Value-sensitive clinical accompaniment in community nursing scienceThe effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisons índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

KATENDE-KYENDA, Norah L.; LUBBE, Martie; SERFONTEIN, Juan H.P.  y  TRUTER, Ilse. Are antiretrovirals prescribed according to the recommended prescribed daily doses in the private healthcare sector in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Huidige riglyne vir behandeling met antiretrovirale middels beveel verskillende kombinasies aan wat tot groot verbetering in die beheer van MIV en VIGS in die ontwikkelde en ontwikkelende wêreld gelei het. Met die vinnige goedkeuring van talle nuwe middels kan dit gebeur dat verskaffers van gesondheidsorg nie kan bybly om hulle hiermee op hoogte te hou nie. Hierdie gebrek aan kennis lei tot 'n hoër risiko vir foute in die voorgeskrewe dosis en veral deur persone wat nie spesialiste in MIV en VIGS is nie. Die doel van hierdie nie-eksperimentele, retrospektiewe, kwantitatiewe studie van die gebruik van geneesmiddels was om te bepaal of antiretrovirale middels in 'n deel van die privaat gesondheidsorgsektor in Suid-Afrika (SA) volgens die aanbevole voorgeskrewe daaglikse dosisse (VDD) voorgeskryf word. Voorskrifte van antiretrovirale middels (49995, 81096 en 88988) aan pasiënte met MIV en VIGS wat in die periode van 1 Januarie 2005 tot 31 Desember 2007 van 'n nasionale medisyne databasis geëis is, is ontleed. Voorskrifte van antiretrovirale middels deur algemene praktisyns (APs) met VDDs wat nie volgens die aanbevole dosisse vir antiretrovirale middels was nie, het dramaties van 12.33% in 2005 tot 24.26% in 2007 toegeneem. Die wat deur spesialiste (SPs) voorgeskryf is, het van 15.46% in 2005 tot 35.20% in 2006 toegeneem en in 2007 tot 33.16% gedaal. Die hoogste persentasie van voorskrifte vir antiretrovirale middels met VDDs wat nie volgens die riglyne was nie, was in die regimens met lopinavir-ritonavir met 'n VDD van 1066.4/264 mg en efavirens met 'n VDD van 600 mg wat aan pasiënte in die ouderdomsgroep van ouer as 19 tot en met 45 jaar voorgeskryf is. Hierdie regimens is meer deur APs as deur SPs voorgeskryf. Daar is 'n behoefte aan nog opleiding van alle gesondheidsprofessies en/of voersieners in die privaat gesondheidsorgsektor in SA oor die aanbevole antiretrovirale middel-dosisse om mislukking van behandeling, ontwikkeling van weerstand, nadelige effekte vanweë geneesmiddels en geneesmiddel interaksies te voorkom.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons