SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Coping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitusSexual risk behaviour amongst young people in the Vhembe district of the Limpopo province, South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

KOEN, Magdalena P.; VAN EEDEN, Chrizanne  y  WISSING, Marié P.. The prevalence of resilience in a group of professional nurses. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

Die literatuur en praktyk dui daarop dat baie professionele verpleegkundiges emosioneel uitgeput is, werksontevredenheid ervaar en dikwels die beroep verlaat. Paradoksaal kies sommige verpleegkundiges om in die beroep te bly, en floreer selfs ten spyte van hul unieke en moeilike werksomstandighede. Dit is egter nie bekend wat die voorkoms van veerkragtigheid in verpleegkundiges is nie, of wat die invloed van werk in privaat versus die openbare omgewing op veerkragtigheid is nie. Die doelwitte van die studie was om die voorkoms van veerkragtigheid in 'n groep professionele verpleegkundiges te bepaal, om die rol van privaat versus openbare omgewings in veerkragtigheid te bepaal, en om 'n aanduiding van deelnemers se siening oor hul professie en veerkragtigheid daarin, te bekom. 'n Dwarsdeursnit ontwerp was gebruik waarin professionele verpleegkundiges (N = 312) werksaam in openbare of privaat hospitale in Suid-Afrika vrywillig vraelyste oor psigososiale welstand as aanduiders van die vlak van veerkragtigheid, voltooi het. Hulle het ook drie oop-einde vrae oor hul beroep beantwoord. Bevindinge het op matige tot hoë korrelasies tussen skale gewys wat dui op konseptuele koherensie tussen die indikatore van veerkragtigheid. Veerkragtigheid is bereken deur normalisering van die gemiddelde tellings vir die meetinstrumente van al die skale. Die totale waarde van genormaliseerde gemiddeldes was as 'n fraksie (0-1) uitgedruk. Drie vlakke van veerkragtigheid het gemanifesteer, 10% van die deelnemers het met lae veerkragtigheid gemanifesteer, 47% met matige veerkragtigheid en 43% met hoë veerkragtigheid. Verpleegkundiges in privaat gesondheidsorg het beduidende (klein praktiese waarde) hoër vlakke van veerkragtigheid getoon as verpleegkundiges in openbare gesondheidsorg.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons