SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1A model for higher education campus health servicesCoping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitus author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SMALL, Louis; PRETORIUS, Louise; WALTERS, Althea  and  ACKERMAN, Maria J.. A surveillance of needle-stick injuries amongst student nurses at the University of Namibia. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Enige naaldprik-insident kan 'n groot omwenteling in 'n student-verpleegkundige se lewe te weeg bring. Ten spyte hiervan word sodanige insidente nie openlik hanteer nie, en dikwels word dit nie eers gerapporteer nie. Dit mag egter kurrikulering-evaluerings kompliseer want potensiële risiko-aspekte in verpleegonderwys mag dalk nie geidentifisser word nie. Naaldprik-ongelukke is in wese beroepsgesondheidsaspekte, wat inherent voorkombaar is. Dit was dan ook 'n bron van kommmer onder verpleegopvoeders in Namibië, aangesien geen inligting beskikbaar was oor die voorkoms en konteks van naaldprik-ongelukke onder student-verpleegkundiges in Namibië nie. Die doel van hierdie studie was dus on die voorkoms en konteks waarbinne naaldprik-ongelukke plaasvind te beskryf. Daar was reeds a raamwerk beskikbaar, naamlik die Haddon-matriks. Diè raamwerk het dit moontlik gemaak om die opname te benader vanuit sowel 'n beroepsgesondheids-perspektief as 'n verpleegopvoedkundige perspektief. Die vraelys is voltooi deur 198 studente en van die bevindings was dat gedurende 2008 alleen, 17% van die student-verpleegkundiges naaldprik-insidente gehad het, maar dat slegs 55% van die beseerdes dit aangemeld het. Daar is ook gevind dat in 55% van die gevalle, hulle nie deur 'n geregistreerde verpleegkundige vergesel was nie. Aanbevelings wat gemaak is, is gebaseer op die drie fases van die Haddon-matriks, naamlik die voor-beserings-fase, die beserings-fase en die na-beserings-fase. Die aanbevelings is gefokus op student-begeleiding, reflektiewe oefeninge, sensitiseringsessies voor die plasings in kliniese areas, asook ondersteuning van 'n onafhanklike berader.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License