SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

BOYCE, Gerard  e  HARRIS, Geoff. A closer look at racial differences in the reporting of self-assessed health status and related concepts in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Suid-Afrikaners word gekenmerk deur groot verskille in die gesondheidsvlakke van die bevolking, met beduidende ongelykhede tussen die verskillende bevolkingsgroepe wat geïdentifiseer kan word met behulp van vele beproefde gesondheidsaanwysers, onder meer self-geassesseerde gesondheid (SAH)-status. Die gemiddelde Wit persoon se gesondheid is, nieteenstaande die maatstaf, aansienlik beter as dié van 'n Swart-Afrikaanse person, met die gesondheid van die Indiër persoon en Kleurling persoon wat êrens tussen die twee groepe lê. Hierdie tendens word tipies toegeskryf aan die voortgesette assosiasie tussen ras en sosiaal-ekonomiese status Onlangse empiriese werk werp egter twyfel op die geldigheid van die veronderstelling dat SAH van lede van verskillende groepe direk met mekaar vergelyk kan word. In die lig hiervan en die uitdaging wat dit inhou vir die interpretasie van die resultate van 'n baie onlangse Suid-Afrikaanse empiriese studie, ondersoek hierdie artikel moontlike sistematiese verskille met betrekking tot die persepsie en rapportering van SAH tussen mense van verskillende rassegroepe in Suid-Afrika. Data vanuit 'n nasionale verteenwoordigende opname van ongeveer 3000 respondente is in hierdie studie gebruik. Die studie ontleed hierdie rasseverskille in SAH tesame met die domein-spesifieke SAH asook die gesindhede ten opsigte van 'n aantal van die gesondheidsverwante gebiede (bv. verwysingsgroepe, die persepsies van die belangrikste invloede op gesondheid ens.) Die analise het 'n aantal verskille getoon in vergelyking met die gewone patroon wat op ras gebaseer is. Daar is van mening dat hierdie verskille daarop dui dat ras dalk tog 'n rol speel in die evaluering en rapportering van SAH, ongeag die voortgesette assosiasie met sosiaal-ekonomiese status.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons