SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African womenA model for higher education campus health services índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

OBERHOLZER, Annemarie E.; NEL, Elzabe; MYBURGH, Chris P.H.  y  POGGENPOEL, Marie. Exploring the needs and resources of children in a haematology-oncology unit. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-12. ISSN 2071-9736.

So dikwels word 'n kind se liggaam genees in die hospitaal, maar hierdie selfde kind gaan huis toe met emosionele wonde. Die behoeftes van kinders in 'n hematologie-onkologie eenheid is ondersoek asook die hulpbronne wat gemobiliseer kan word om hierdie behoeftes aan te spreek deur gebruik te maak van 'n literatuurstudie. Daarna is 'n veldstudie gedoen om hierdie hulpbronne te prioritiseer volgens die belangrikheid daarvan vir kinders in 'n hematologie-onkologie eenheid. Die manier waarop die kinders die hulpbronne geprioritiseer het, het 'n definitiewe tendens getoon. Die eerste drie hulpbronne wat deur die kinders gekies is, is al drie hulpbronne wat die eksterne sosiale omgewing van die kind behels. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die ondersteuning van ouers en ander persone wat belangrik is vir die kind, van uiterste belang is en in aanmerking geneem behoort te word in die fasilitering van ondersteuning van kinders in 'n hematologie-onkologie eenheid. Die gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat hierdie kinders nie genoeg beheer ervaar in hulle situasie nie en daarom word voorgestel dat kinders in 'n hematologie-onkologie eenheid meer bemagtig behoort te word gegewe hulle omstandighede.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons