SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1An exploration of personal, relational and collective well-being in nursing students during their training at a tertiary education institutionExploring the needs and resources of children in a haematology-oncology unit author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 1025-9848

Abstract

EHLERS, Valerie J.  and  CHIEGIL, Robert J.. Nigerian health workers' views concerning factors influencing paediatric adherence to anti-retroviral therapy. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp. 1-9. ISSN 1025-9848.

Min studies het al op pediatriese anti-retrovirale behandeling (ARB) nakoming in Nigerië gefokus, wat moontlik toegeskryf kan word aan die etiese uitdagings betrokke by die bestudering van kinders. Die studie het gepoog om faktore te identifiseer wat pediatriese ARB nakoming kan beïnvloed, soos waargeneem deur gesondheidsdienswerkers wat ARB dienste verskaf in twee stede in Nigerië. Kennis van sulke faktore sal aangewend word om aanbevelings te maak om die pediatriese ARB nakoming in Nigerië te verbeter, om die taak van die gesondheidsorgwerkers te vergemaklik en om die ARM (anti-retrovirale medisyne) program se doeltreffendheid te verbeter. 'n Verkennende beskrywende kwalitatiewe navorsingsontwerp was benut ten einde gesondheidswerkers in Kano en Lagos, Nigerië, se standpunte te identifiseer en te beskryf. Drie fokusgroepbesprekings is gehou in twee klinieke wat gratis ARMs verskaf. Die getranskribeerde data is ontleed deur die raamwerkbenadering tot data analise te gebruik. Gesondheidsdienswerkers het waargeneem dat armoede en ongeletterdheid, stigma en diskriminasie, ontoepaslike sorgbenaderings en ouerlike dinamika, faktore was wat pediatriese ARB nakoming beïnvloed het. Pediatriese ARB nakomingsvlakke in Nigerië kan verbeter word deur pediatriese ARB nakomingsberading te beklemtoon, deur die aanvaarding van 'n omvattende gesinsgesentreerde sorgbenadering wat gratis ARB dienste bied, deur die verbetering van ARB dienste, die bemagtiging van ouers en die vermindering van stigma en diskriminasie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License