SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Young South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African women índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

WATKINS, Kirsten D.; ROOS, Vera  e  VAN DER WALT, Engela. An exploration of personal, relational and collective well-being in nursing students during their training at a tertiary education institution. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Die welsyn van verpleegkundestudente het deurslaggewend geword as gevolg van die uiteenlopende uitdagings wat verpleegkundiges moet hanteer. 'n Gemeenskapsielkunde raamwerk is in hierdie studie gebruik. Die doel van die navorsing was om die verskillende dimensies van welsyn van verpleegkundestudente te ondersoek. 'n Doelgerigte en beskikbaarheidsteekproef is gebruik om kwalitatiewe data (onderhoude, fokusgroepe en visuele voorstellings) wat gedurende 2008 en 2010 van eerstejaar-verpleegkundestudente bekom is, deur middel van tematiese inhoudsontleding te analiseer. Die temas wat na vore gekom het, is gegroepeer volgens persoonlike, verhoudings- en gemeenskaplike welsyn. Die bevindinge het aangedui dat die verpleegkundestudente se persoonlike welsyn ondermyn word deur 'n gebrek aan outonomie, gevoelens van onsekerheid en om onder druk te verkeer, asook 'n ontnugtering met die verpleegkunde professie en opleiding. Persoonlike welyn is ook beskryf in terme van 'n optimistiese ingesteldheid en die behoefte aan sinvolheid en 'n dieper betekenis. Verhoudingswelsyn is deur die verpleegkundestudente uitgedruk in terme van hulle verhouding met hul vriende, familie en dosente. Die verskillende verhoudings word as belangrike bronne van ondersteuning en aanmoediging geag. Gemeenskaplike welsyn word bedreig deur 'n uitdagende werksomgewing, die afwesigheid van rolmodelle in die kliniese omgewings asook die teenstrydigheid van die teoretiese opleiding met die praktiese toepassing daarvan. Aanbevelings vir die bevordering van welsyn in die verskillende dimensies word voorgestel.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons