SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Concept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literatureYoung South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

PATEL, Cynthia J.  e  KASIRAM, Madhubala I.. The development of an instrument to measure women's experience of an aerobic dance class. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Die doel van die studie was om 'n instrument daar te stel wat die ervaring van vroue in 'n fiksheidsdans-klas meet: hulle ervaring ten opsigte van die algemene atmosfeer en die musiek, asook hulle opinie oor die dans-roetines en -bewegings en die instrukteur. Die deelnemers is ook gevra om 'n lys te maak van die voordele van oefening met verwysing na hulleself. 'n Steekproef van 27 vroue tussen die ouderdomme van 25 tot 60 jaar is in hierdie loodsstudie gebruik. Die vroue het positief gereageer op alle aspekte van die algehele dansondervinding, maar hul mees positiewe ervaring was gesentreer om die instrukteur. Verder was hulle opinie rakende die belangrikheid van die instrukteur se rol in hul ondervinding van die klas byna dieselfde. Hulle antwoorde op die oop-einde vrae het hierdie sentimente ondersteun. Die psigiese en fisiese voordele is as die belangrikste deur die meeste vroue aangedui, terwyl 'n veel laer persentasie die sosiale voordeel as belangrik beskou het. Afgesien van twee problematiese items in die semantiese differensiasie, het die instrument belofte getoon om sleutelaspekte van vroue se persepsies van 'n fiksheidsdansklas te identifiseer.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons