SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1A complicated grief intervention modelAdaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MAGOBE, Nomasonto B.D.; BEUKES, Sonya  and  MULLER, Ann. Scoring clinical competencies of learners: A quantitative descriptive study. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Hierdie artikel beskryf die ondersoek na die korrelasie tussen verskillende kliniese assesseerders se puntetoekenning tydens assessering van leerders se kliniese vaardighede ten einde enige moontlike vreemde veranderlikes met betrekking tot redes vir swak prestasie uit te skakel. 'n Universiteit in Gauteng, Suid-Afrika bied 'n leerprogram aan wat leerders toerus met kliniese kennis, vaardighede en waardes in die beraming, diagnose, behandeling en sorg van pasiënte in primêre gesondheidsorgfasiliteite (PGS). Die navorser het waargeneem dat, ten spyte van addisionele kliniese onderrig en begeleiding, leerders steeds teen die einde van die program lae punte in kliniese evaluasies behaal het. Die studie het die moontlik rede(s) vir hierdie waarneming ondersoek. Die doel van die studie was om die demografiese profiel van leerders, sowel as die korrelasie van die puntetoekenning deur verskillende kliniese assesseerders, te verken en te beskryf. 'n Doelbewuste gerieflikheidsteekproef het uit leerders (n = 34) en kliniese beoordelaars (n = 6) bestaan. Data is versamel deur leerders individueel 'n vraelys te laat voltooi. Hierdie data is met behulp van n nominale en rangorde-skaal geanaliseer. Kliniese assesseerders het 'n kontrolelys voltooi en data is met behulp van 'n statistiese sagtewarepakket geanaliseer. Die veranderlikes is vergelyk om die aard van die verhouding tussen die verskillende kliniese assesseerders se tellings op die kontrolelys te bepaal. Dit is gedoen om interbeoordeelaarbetroubaarheid te verseker. Resultate het getoon dat daar geen statisties beduidende verskille tussen die gemiddelde puntetoekenning van verskillende kliniese assesseerders bestaan het na korrelasie nie (p < 0.05). Die puntetoekenning het dus nie tot die swak kliniese vaardighede van die leerders bygedra nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License