SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managersConcept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literature índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

WALTER, Cheryl M.; DU RANDT, Rosa  e  VENTER, Daniel J.L.. The physical activity and health status of two generations of Black South African professional women. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Gedurende die afgelope jare het navorsing onder die Swart bevolking 'n toename in gesondheidsrisiko's wat met fisieke onaktiwiteit geassosieer is, getoon. Swart vroue, wat die hoogste vlakke van onaktiwiteit, oorgewig en obesiteit toon, blyk ook die grootste risiko te loop om leefstylverwante chroniese siektes te ontwikkel. Hierdie ondersoekend-beskrywende studie het die fisieke aktiwiteitspatrone en gesondheidstatus van twee generasies van Swart professionele vroue ondersoek. Die tweegenerasiesteekproef verteenwoordig voor- en na-demokrasie-ouderdomsgroepe. Kwantitatiewe meetinstrumente, naamlik die ActiGraph GT1M versnellingsmeter, Globale Fisieke Aktiwiteitsvraelys en die Gesondheidsbevorderende Leefstylprofiel is gebruik. Die steekproef het onderwysers, verpleegkundiges, maatskaplike werkers en bestuurders in die openbare sektor ingesluit. Deelnemers tussen 35 en 45 jaar is aan die ouergenerasie-toetsgroep toegewys (n = 111), terwyl dié tussen 18 en 21 jaar (studente in bogenoemde studierigtings) aan die jongergenerasie-toetsgroep toegewys is (n = 69). Die resultate het gewys dat die Swart professionele vroue laer as verwagte gesondheidsbevorderende gedrag, betekenisvol laer vlakke van fisieke aktiwiteit en betekenisvol hoër vlakke van oorgewig en obesiteit toon as die Suid-Afrikaanse norme. Die waarneming dat die jonger groep dieselfde gedragspatrone as die ouer vroue getoon het, is h bron van kommer. h Groter nakoming van gesondheidsbevorderende gedrag is onder die jonger groep vroue verwag, aangesien hulle hul opleiding in die professionele sektor van gesondheid, onderwys en maatskaplike werk ontvang. h Holistiese benadering is nodig om fisieke aktiwiteit en gesondheid onder Swart Suid-Afrikaanse vrouens te bevorder.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons