SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Foreign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in NamibiaA complicated grief intervention model índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

HARILALL, Bharita  e  KASIRAM, Madhubala. Exploring the bio-psychosocial effects of renal replacement therapy amongst patients in a state hospital in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Hierdie artikel beskryf 'n kwalitatiewe studie wat die bio-psigososiale effekte van niervervangingsterapie op pasiënte in 'n staatshospitaal in Suid-Afrika ondersoek het. Die studie is gemotiveer deur die mate van debiliteit van pasiënte wat hemodialise (HD) en kontinue ambulatoriese peritoneale dialise (KAPD) ondergaan en wat oënskynlik verder strek as bloot die fisieke aspekte van die siekte en die behandeling daarvan. Respondente het bestaan uit 'n klein groep HD- en KAPD-pasiënte. Deur 'n onderhoudskedule as die navorsingsinstrument te gebruik, is ryk data onthul. Inhoudanalise en die redusering van data tot temas het die data-analise gefasiliteer. Alhoewel die studie nie kwantitatief was nie en vergelykende analise dus nie moontlik was nie, het temas van spanning onder die respondente voorgekom. Dit was duidelik uit die onderhoude met albei pasiëntgroepe en inhoudanalise dat die HD-groep meer bekommernis oor die graad van debiliteit en psigososiale stres getoon het as die KAPD-groep. Regeringsondersteuning vir holistiese nierbehandeling en versigtige samestelling van 'n span sleutelrolspelers vir die vermindering van die erns en verreikende gevolge van HD en KAPD word voorgestel.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons