SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1A woman-centred childbirth modelForeign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

ELKONIN, Diane  and  VAN DER VYVER, Lizelle. Positive and negative emotional responses to work-related trauma of intensive care nurses in private health care facilities. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Intensiewesorgverpleging is 'n stresvolle beroep en verpleegsters word gedurig aan beide primêre en sekondêre trauma blootgestel. Reaksie hierop kan óf positief wees, in die vorm van empatie-tevredenheid, óf negatief, in die vorm van empatie-uitputting. Verpleegsters is egter geneig om die negatiewe impak van sekondêre trauma te ontken, wat gevolglik tot stilswye en uitbranding kan lei. Hierdie artikel ondersoek en beskryf die teenwoordigheid en verwantskap tussen hierdie emosies. 'n Kwantitatiewe benadering met 'n nie-waarskynlikheidsteekproefmetode is gebruik. Die steekproef het bestaan uit 30 geregistreerde verpleegsters wat in privaat-intensiewesorgeenhede in Oos-Londen in die Oos-Kaap werk. Data is met behulp van die vierde hersiening van die 'Professional Quality of Life Scale: Compassion Satisfaction and Fatigue Subscales' en die 'Silencing Response Scale' ingevorder en verwerk met verwysing na beskrywende statistieke en korrelasiekoëffisiente. Die resultate dui op 'n hoë risiko vir empatie-uitputting, 'n matige risiko vir uitbranding en die stilswye-reaksie, sowel as 'n matige potensiaal vir empatie-tevredenheid. 'n Beduidende negatiewe verwantskap blyk tussen empatie-tevredenheid en uitbranding te bestaan, terwyl 'n aansienlik positiewe verwantskap tussen empatie-uitputting en uitbranding en empatie-uitputting en die stilswye-reaksie bestaan.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License