SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1Depth of poverty in an informal settlement in the Vaal region, South AfricaThe lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died' índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

NEL, Elzabé; MULLER, Ann  y  COLYN, Adele. The competencies of the shift leader in the intensive care unit setting, in a private hospital group in South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Pas-gekwalifiseerde, intensiewesorg-verpleegkundiges word op 'n vroeë stadium as skofleiers in posisies van gesag en verantwoordelijkheid geplaas en word nie die kans gegun om hul nuwe kennis met die praktyk te konsolideer nie. Tog moet hulle verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar nie net vir hul eie aksies nie, maar ook vir dié van hul personeel. Die doel van hierdie studie was om die vaardighede van skofleiers in die opset van die intensiewesorg-eenheid te ondersoek en te beskryf om te bepaal of daar 'n gaping bestaan tussen wat van hulle verwag word en wat in werklikheid gebeur. 'n Kwantitatiewe, beskrywende ontwerp is gebruik en 'n trossteekproef is geïmplementeer. Vraelyste is gebruik om data in te samel van drie trosse bestaande uit 11 hospitale van 'n enkele privaathospitaalgroep. Van die 251 vraelyste wat uitgedeel is aan intensiewesorg-personeel (insluitend opgeleide en nie-opgeleide personeel), is 98 terugontvang, wat vertaal na 'n responskoers van 39%. 'n Diepgaande literatuurstudie en voorlegging van vraelyste aan deskundiges voordat dit aan respondente uitgedeel is, het bygedra tot geldigheid en betroubaarheid. Resultate is gebruik om 'n tipologie van die vaardighede van skofleiers in 'n intensiewesorg-eenheid te beskryf en dit het geblyk dat respondente die vaardighede wat verband hou met die verpleegproses in die intensiewesorg-eenheid in al sy fasette as noodsaaklike vaardighede klassifiseer. Geen vaardigheid is as kritiek geklassifiseer nie en slegs vier vaardighede is as spesifieke vaardighede geklassifiseer. Al die respondente in die drie trosse het hul skofleiers as vaardig beskou.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons