SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1Prevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South AfricaA woman-centred childbirth model author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

KEMP, Chanelle  and  PIENAAR, Anita Elizabeth. Physical activity levels and energy expenditure of 9-year-old - 12-year-old overweight and obese children. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

Die hoë voorkoms van oorgewig en obesiteit onder kinders is wêreldwyd 'n kommerwekkende gesondheidsprobleem. Fisieke onaktiwiteit en energiewanbalanse word as moontlike oorsake van die probleem beskou. Die doel van hierdie studie was om die totale energieverbruik (TEV) en fisieke-aktiwiteitsvlakke van 9-jarige - 12-jarige oorgewig- en obese kinders tydens 'n totale weeksdag en naweekdag te ontleed, asook tydens die oggend en middag van 'n weeksdag. Vier-en-twintig 9-jarige - 12-jarige kinders (sewe seuns en 17 dogters), waarvan nege oorgewig en 15 obees was, is uit sewe publieke laerskole vir die studie gekies. Afsnypunte volgens die liggaamsmassa-indeks (LMI) is gebruik om tussen oorgewig en obees te onderskei. Elke deelnemer het 'n ACTICAL™ monitor gedra om hul fisieke-aktiwiteitsvlakke en TEV te bepaal. Die studie het getoon dat die TEV van die kinders op 'n weeksdag en naweekdag nie verskil het nie, alhoewel TEV tydens die middag van die weeksdag betekenisvol verskil het van die oggend s'n. Anders as die oorgewig kinders, het geen van die obese kinders aan die voorgestelde riglyn van 60 minute se matig intensiewe fisieke aktiwiteit per dag voldoen nie. Strategieë moet gevind word om die vlakke van aktiwiteit van oorgewig en veral obese kinders te verhoog, spesifiek gedurende die oggende en oor naweke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License