SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 issue1Nursing in Saudi Arabia: Reflections on the experiences of South African nursesPrevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

TSAKANI, Lebese R.; DAVHANA-MASELESELE, Mashudu  and  OBI, Larry C.. Teenagers' experiences of sexual health dialogue in the rural villages of the Vhembe District, Limpopo Province. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-10. ISSN 2071-9736.

Dialoog met tienerjariges rakende seksuele gesondheid is 'n wêreldwye probleem omdat daar gevind is dat dit meestal minimaal is of glad nie plaasvind nie. Hierdie beperking word beïnvloed deur die tienerjariges se kulturele waardes, oortuigings en norme. Kultuur beïnvloed in 'n groot mate watter seksuele gesondheidsake tussen tienerjariges en volwassenes bespreek kan word, en hoe dit gedoen kan word. Die doel van hierdie studie was om tienerjariges se ondervindings van seksuele gesondheidsdialoog in die landelike gebiede van die Vhembe-distrik in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika te ondersoek en te bespreek. 'n Kwalitatiewe, ondersoekende, beskrywende en kontekstuele navorsingsbenadering is gevolg. Data is versamel deur middel van grondige individuele onderhoude en fokusgroep-besprekings. 'n Doelbewuste steekproefmetode is gebruik om die 57 deelnemende tienerjariges op grond van bepaalde kriteria te selekteer. Die bevindings van die studie het aangedui dat daar minimale dialoog oor seksuele gesondheid tussen tienerjariges en volwassenes is. Die meeste tienerjariges het gerapporteer dat hulle by vriende, die media, inisiasieskole en familielede, meestal 'n tante, van seksuele gesondheid geleer het. Daar is met kommer opgemerk dat tienerjariges seksuele gesondheid aan die daad van omgang gelykstel en dat geen aandag aan ander aspekte van seksuele gesondheid geskenk is nie. Aanbevelings ter verbetering van die situasie is gemaak.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License