SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.16 número1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectives índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

SURUJLAL, Jhalukpreya  y  NGUYEN, Sheila. Coping under pressure: Strategies for maintaining confidence amongst South African soccer coaches. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2011, vol.16, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Sport afrigting kan 'n baie vervullende en bevredigende beroepskeuse wees, maar as gevolg van die eise en verwagtinge van verskeie omgewings faktore, kan dit ook as 'n spanningsvolle beroep ervaar word. Afrigters moet verskeie rolle vertolk (o.a. opvoeder, motiveerder, sielkundige, adviseerder, afrigter, bestuurder en administrateur) wat deel uitmaak van die komplekse en buitengewone eise wat op hulle geplaas word. Sokker afrigters beleef 'n aantal uitdagings, konflik situasies, frustrasies en spanning waarvan die impak of waarde daarvan selde gemeet kan word. Afrigting as 'n konsep word beskryf of gedefinieer as 'n potensieel onveilige en/of wisselvallige beroep waar die meerderheid afrigters spanning ervaar, konflik beleef, media druk moet verwerk en 'n geweldige inbreuk op hul persoonlike en familielewe ervaar. Hierdie studie ondersoek Suid-Afrikaanse sokker afrigters se persepsies aangaande die meganismes wat hulle gebruik om die potensiële spanning van hul beroep te bestuur. Die studie is gebaseer op 'n nie-eksperimentele ontwerp met 'n kwantitatiewe benadering van Suid-Afrikaanse sokker afrigters om spanning te evalueer en te bestuur. Een honderd en twaalf sokker afrigters wat op provinsiale vlak of hoër afgerig het, het vraelyste ingevul aangaande spanning en spanning hanteringstegnieke wat in hul afrigtingsberoepe gebruik is. Beskrywende data analise is met behulp van 'n statistiese pakket in Sosiale Wetenskap (SPSS-weergawe 16) gedoen. Die oorsake van spanning asook die hanteringstegnieke wat deur die afrigters gebruik is, is geevalueer. Die resultate het bevind dat daar drie duidelike oorsake van spanning was, naamlik 'n tekort aan hulpbronne, die akkumulasie van geskeduleerde wedstryde asook wedstryde waarvan die uitslag krities is. Die drie laagste oorsake van spanning was onder andere politieke inmenging, fisiese aanranding deur spelers en die vervanging van spelers. Die afrigters het 'n verskeidenheid van spannings hanteringstegnieke gebruik, maar die resultate toon dat 5.68%, 5.14% en 89.78% van die eksperimentele groep oneffektiewe spannings-, emosionele- en probleem bestuurstegnieke geïmplementeer het. Akademiese en praktiese implikasies van die navorsingsresultate word bespreek.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons