SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1Self-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-NatalFurther potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claims índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

IIPINGE, Scholastika N.  e  PRETORIUS, Louise. Stakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, Namibia. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

Die hoofdoel van die studie was om ondersoek in te stel na die persepsies van die gemeenskap en ander belanghebbendes oor die lewering en kwaliteit van die behandeling en sorg ten opsigte van seksueel oordraagbare infeksies (SOIs) deur privaat algemene praktisyns in Windhoek. Die studie het 'n situasionele en kontekstuele analise behels, waarin gebruik gemaak is van kwalitatiewe metodologieë en verskillende metodes van data-insameling. Die metodologie het ingesluit (1) die bestudering van beskikbare nasionale beleidsdokumente oor die behandeling en monitering van SOIs sowel as die beleid op privaat primêresorgvoorsieners, (2) agt diepte-onderhoude met sleutelinformante en (3) drie fokusgroepgesprekke met lede van die gemeenskap wat die praktyke van privaat algemene praktisyns in Windhoek besoek. Die persepsies van die sorg wat van algemene praktisyns ontvang is, verskil van deelnemer tot deelnemer. Dit het aan die lig gekom dat sommige deelnemers die gelewerde sorg positief ervaar het terwyl ander dit negatief ervaar het. Die deelnemers het geglo dat om 'n algemene praktisyn vir behandeling te besoek 'n kwessie van bekostigbaarheid is wat gepaard gaan met 'n verwagting van sorglewering terwyl vertroulikheid behou word. Die studie het bevind dat daar geen verskil is in die sorg wat gelewer word aan pasiënte met 'n mediese fonds teenoor dié daarsonder nie. Daar word aanbeveel dat interaksie op verskillende vlakke tussen die openbare en privaat sektor aangemoedig moet word om te verseker dat behandelbare SOIs voldoende bestuur word en dat die nasionale riglyne ten opsigte daarvan nagekom word. Gesondheidswerkers behoort gesensitiseer te word ten opsigte van hul benadering tot hul kliënte. Daar word verder aanbeveel dat die bewusmaking van die openbaregesondheidsbelang van SOIs onder privaat praktisyns opgeskerp moet word sodat hulle aan die SOI-beheerprogram sal deelneem.

Palavras-chave : general practitioner (GP); Ministry of Health and Social Services (MoHSS); private general practitioner (PGP); sexually transmitted infections (STIs); Namibia; state health services.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons