SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1Factors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-NatalValue-sensitive clinical accompaniment in community nursing science author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

PRETORIUS, Chrisma; WALKER, Stephen P.  and  ESTERHUYSE, Karel G.F.. Coping responses as predictors of satisfaction with life amongst a group of patients diagnosed with diabetes mellitus. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-5. ISSN 2071-9736.

Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel tot watter mate hanteringsgedrag (coping responses) die vlak van lewenstevredenheid by pasiënte wat aan diabetes ly kan voorspel. 'n Nie-eksperimentele, dwarssnit ontwerp is gebruik. Die steekproef het uit 154 individue (62 Tipe I-diabetes, 80 Tipe II-diabetes en 12 individue waarvan die diagnostiese inligting nie beskikbaar was nie) bestaan, wat van die buitepasiënte kliniek by 'n groot staatshospitaal verkry is. Alle deelnemers het die Coping Responses Inventory - Adult Version, sowel as die Satisfaction with Life Scale voltooi. Aanvanklik is die Pearson produkmoment korrelasie koëffisiënte bereken om die verhouding tussen die voorspeller-veranderlikes (coping responses/hanteringsgedrag) en die kriterium-veranderlike (satisfaction with life/lewenstevredenheid) te ondersoek. Hiërargiese regressie-analise is uitgevoer om die hoeveelheid variansie in die lewenstevredenheid-telling wat deur hanteringsgedrag verklaar is, te bepaal. Die kombinasie van approach en avoidance coping subscales het 33% van die variansie in die deelnemers se Lewenstevredenheid-telling verklaar. Na verdere ontleding is egter gevind dat die avoidance coping subscales 28% van die variansie in die lewenstevredenheid van die steekproef verklaar het. Daar is gevind dat die cognitive avoidance subscale en die acceptance or resignation subscale negatief op die 1 % peil van betekenisvolheid met lewenstevredenheid korreleer. Dit blyk dat toenaderings (approach coping responses) nie die lewenstevredenheid by individue wat aan diabetes ly, voorspel nie. Vermydingsgedrag (avoidant coping responses), in besonder kognitiewe vermyding en aanvaarding of berusting, is egter voorspellend van laer vlakke van lewenstevredenheid.

Keywords : approach coping responses; avoidant coping responses; coping responses inventory; diabetes mellitus; satisfaction with life.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License