SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectivesFactors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-Natal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

RICKS, Esmeralda J.; STRUMPHER, Johanita  y  VAN ROOYEN, Dalena. A model for higher education campus health services. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Hierdie studie is onderneem om teneinde 'n holistiese gesondheidsorgmodel te ontwikkel wat geregistreerde verpleegkundiges, werksaam by 'n hoër onderwys kampusgesondheidsorgdiens, kan help om 'n gesondheidsorgdiens te kan lewer wat relevant is tot die gesondheidsbehoeftes van die kampusgesondheidsorg verbruikers. 'n Teorie-generende, kwalitatiewe, eksplorerende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp vir teorie genering is gebruik om 'n holistiese gesondheidsorgmodel vir hoër onderwys kampusgesondheidsorgdienste te ontwikkel. Tydens die studie het dit duidelik geword dat die deelnemers 'n behoefte het daaraan om 'n meer omvattende gesondheidsorgdiens op kampus te ervaar. Die hoof konsepte van holistiese gesondheidsorg was geïdentifiseer vanuit die data wat verkry was deur die in-diepte fokusgroep onderhoude wat met die deelnemers gevoer is. Die proses van model-generering is uitgevoer volgens die stappe soos voorgestel deur Walker en Avant (1995:30) naamlik dit van konsep-analise, die plasing van konsepte in verhoudings, die beskrywing van die model en die riglyne om die model operatief te maak. Die model maak voorsiening vir 'n gestruktureerde holistiese gesondheidsorgraamwerk wat as verwysing kan dien vir geregistreerde verpleegkundiges werksaam by 'n kampus gesondheidsorgdiens by 'n Hoër Onderwys Instansie (HOI) en kan gebruik word om alle kampus gesondheidsorgverbruikers te help om gebalanseerde, heel persone te word wat in staat is om hul drome te vervul en konsekwentheid met betrekking tot optimale gesondheid en kapasiteit te handhaaf.

Palabras clave : healthcare consumer; healthcare needs; holistic healthcare; primary health care; theory-generation.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons