SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1Adaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SETSWE, Keitshepile G.  and  ZUMA, Khangelani. Young South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Die doel van die Abstinence and Be Faithful for Youth (ABY) projek was om die plaaslike reaksie onder jong mense te versterk ten einde MIV-infeksies te voorkom deur onthouding, getrouheid en vermyding van ongesonde seksuele gedrag onder die jeug oor 'n vyfjaar-tydperk aan te moedig. 'n Kwantitatiewe basislyn-evaluering van die ABY-projek is in vyf stede in Suid Afrika uitgevoer. Data is van leerders en jongmense by nege lukraak gekose plekke in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth en Mthatha met behulp van 'n klustermonsternemingsontwerp in drie fases ingesamel kort voor die ABY-intervensie begin het. In totaal is nege plekke lukraak gekies uit 'n moontlike agtien. By elke data-insamelingspunt is data van 60 deelnemers verkry. In totaal was daar 27 data-insamelingspunte en 1620 respondente. Jongmense het sterk menings oor seksuele onthouding, aangesien 83% gesê het dat dit moontlik is om seksuele omgang vir so lank moontlik te vermy. Daar was ook sterk ondersteuning vir onthouding, aangesien 78% gesê het dat onthouding die beste voorkomingsmaatreël vir MIV-infeksie is. Wat die media betref, het 68.1% van die jongmense aangedui dat dit 'n positiewe invloed het om onthouding aan te moedig en 71.1% het aangedui dat rolmodelle hulle kan help om nie seks te beoefen nie, terwyl 84.1% aangedui het dat leierskaps- en lewensvaardigheidswerkswinkels hulle gehelp het om hulle van seks te onthou. In totaal het 68.7% van die jongmense aangedui dat dit getrouheid in vaste verhoudings aanmoedig en 84.6% het aangedui dat lewensvaardigheidswerkswinkels hulle aangemoedig het om getrou aan een persoon te wees. Jongmense het sterk menings oor onthouding en ondersteun dit ten sterkste. Hulle het ook sterk menings oor en persepsies van getrouheid aan een metgesel. Hierdie bevindinge is 'n waardevolle riglyn oor jongmense se menings en persepsies rakende onthouding en getrouheid voordat intervensies geïmplementeer word.

Keywords : abstinence; faithfulness; perceptions; views; youth.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License