SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1A complicated grief intervention modelAdaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

CHABELI, Mary M.. Concept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literature. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Verpleegkundestudente word blootgestel aan 'n geweldige hoeveelheid inligting en leesmateriaal wat baie spesifiek, tegnies en nuut is vir die studente. Tensy verpleegkundeopvoeders 'n leeromgewing kan voorsien wat deur interaksie die bevordering van begrip bewerkstellig, kan studente inligting deur papegaaiwerk in hul korttermyngeheue stoor, eerder as om dit te assimileer - geen betekenisvolle leer sal dus plaasvind nie. Verpleegkundestudente moet die vermoë hê om die verband tussen aangeleerde feite, konsepte en beginsels en nuwe kennis te lê sodat hulle in die praktyk rasionale besluite kan maak (All & Havens 1997:1210, 1213). Hierdie artikel het ten doel om die aanwending van konsepkartering as 'n onderrigstrategie te beskryf, ten einde die kritiese denke van leerders in die verpleegkunde te fasiliteer. Die beskrywing van die aanwending van konsepkartering word vanuit die teoretiese raamwerke van konsepkartering en kritiese denke gedoen om die epistemologiese grondslag vir konsepkartering te voorsien (Facione 1990:6, 13). Gegrond op die verkenning en beskrywing van die teoretiese raamwerke, word vier fases vir die fasilitering van kritiese denke geformuleer deur middel van konsepkartering. Hierdie verkenning en beskrywing is gebaseer op die onderwysproses: die identifiseringsfase, die interaktiewe konstrueringsproses, die formuleringsfase en evalueringsfase. Die gevolgtrekking word gemaak dat die aanwending van hierdie fases verpleegopvoeders behulpsaam sal wees in die implementering van konsepkartering as 'n onderrigmetode om kritiese denke by leerling verpleërs te fasiliteer in verpleegkunde-onderwys. Aanbevelings word gemaak.

Palabras clave : Critical thinking; concept-mapping; facilitation; teaching methods; nursing education.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons