SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1Foreign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in NamibiaA complicated grief intervention model índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Health SA Gesondheid (Online)

versión On-line ISSN 2071-9736
versión impresa ISSN 1025-9848

Resumen

CILLIERS, Frans  y  TERBLANCHE, Landa. The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managers. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Die meestal liniêre en meganistiese aard van die verpleegbestuursrol is vinnig besig om na 'n meer dinamiese en sistemiese rol te verander. Die verandering behels taak- en mensbestuur binne 'n steeds veranderende organisasie-identiteit, waar 'n verskeidenheid rolle opgeneem word, die self en ander in 'n komplekse matrikssisteem bemagtig word, en waartydens bewuste en onbewuste sielkundige grense in en tussen botsende sisteme bestuur word. Die doel van hierdie studie was om die sisteem-psigodinamiese leerervaringe van verpleegbestuurders tydens leierskapafrigting te beskryf. Die afrigtingstaak was om leergeleenthede aan die individuele leier beskikbaar te stel vir die ontwikkeling van insig in bewuste en onbewuste leierskapsdinamika in terme van angs, taak, rol, outoriteit, grense en identiteit. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik. Ses verpleegbestuurders het tien leierskapafrigtingsessies oor tien weke bygewoon. Veldnotas en besinnende opstelle is deur middel van sisteem-psigodinamiese gespreksanalise ontleed. Die bevindinge dui op duidelikheid oor en bemagtiging in hulle primêre taak en normatiewe rol; angs en ontmagtiging in hulle ervarings- en fenomenale rolle; angs in grenshandhawing wat verband hou met magsmisbruik deur andere; en die voortdurende ondersoek en integrasie van leierskapsrol-identiteit. Deelnemers se leerervarings is na aanleiding van kriteria vir organisasieleer geëvalueer, waarna die algemene hipotese geformuleer is.

Palabras clave : coaching; task; role; authorisation; boundaries; identity.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons